• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, May 15, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Identifiseer probleme met aalwurms betyds

Dr Sonia Steenkamp, Senior navorser, LNR-Graangewasse

13 Mar 2025
in Tegniek
Identifiseer probleme met aalwurms betyds

Foto 1: Aalwurmsimptome word in kolle waargeneem.

Share on Facebook

Die gesegde “Uit die oog, uit die hart” is ’n kolskoot as dit by die beskrywing van aalwurms kom. Omdat hulle nie met die blote oog sigbaar is nie, dink baie produsente nie eers aan aalwurms of aan die moontlike skade wat deur hierdie diertjies berokken kan word nie.

Aalwurmprobleme is aan die toeneem – dit kan duidelik gesien word aan die hoeveelheid monsters, asook die probleme wat dikwels met die stuur van hierdie monsters na die analitiese laboratorium by LNR-Graangewasse gepaardgaan.

Soms kry plantsiektes wat deur fungusse en bakterieë veroorsaak word die skuld, maar as daar dieper na die probleem gekyk word, is dit dikwels ’n sekondêre probleem wat oorspronklik deur aalwurms veroorsaak word. Die skade wat aalwurms aan die wortels aangerig het, baan dan dikwels die weg vir ander plantsiektes.

Om sake verder te kompliseer, word aalwurmsimptome dikwels ook verwar met simptome wat deur versuiping, voedingstekorte of chemiese skade veroorsaak word. Dan word verkeerde diagnoses gemaak, wat die produsent geld uit die sak jaag terwyl dit steeds sy oesopbrengs negatief beïnvloed.

Eerste tekens van aalwurmbesmetting

Die eerste tekens van aalwurmskade sou teen Januarie begin duidelik word. Teen daardie tyd sou die aanplantings net oud genoeg wees om deur aalwurms geaffekteer te wees.

Tipiese simptome wat as waarskuwing kan dien, sluit in vergeelde, verdwergde of verlepte plante, al is daar voldoende vog. ’n Aalwurmpopulasie is nooit eweredig oor ’n land versprei nie en daarom sal die simptome ook in kolle voorkom (Foto 1).

As sulke simptome in vasgestelde rye of strepe voorkom, sal dit eerder ander tipe probleme wees en nie aalwurms of plantsiektes nie. Wanneer onraad vermoed word, is dit dus raadsaam om eerder grond en wortelmonsters na ’n gekwalifiseerde nematoloog te stuur. Dit kan hier geanaliseer word en die probleem kan dan betyds en korrek geïdentifiseer word, sou dit aalwurms wees al dan nie.

Die ideale monster

WAT IS NODIG VIR ’n AALWURM-ANALISE?

Die ideale aalwurmmonster sluit wortels en grond in. As die gewas sy oes onder die grond dra (soos byvoorbeeld aartappels), is dit raadsaam om die knolle ook in te sluit. Dit is nie ’n goeie idee om net na die grond te kyk nie omdat dit ’n gewaarborgde resep is om die knopwortelaalwurm, wat tans die algemeenste “probleemkind” is, mis te kyk.

Knopwortelaalwurm spandeer die grootste gedeelte van sy lewensiklus in die wortels. Die enigste stadium (van vier stadia) wat in die grond voorkom, is die larwe wat vars uit ’n eiertjie gebroei het.

Hierdie larwe het ’n baie klein vensterperiode waarin hy so vinnig as moontlik ’n wortel moet opspoor om in te dring, anders sal hy vrek. Hulle word dus baie maklik gemis as die grondmonster nie presies tydens die uitbroeiproses (wat onvoorspelbaar is) geneem word nie.

TYD OM MONSTERS TE NEEM

Die beste tyd om aalwurm-analises te laat doen, is tydens die gewas se blomtyd omdat die aalwurmpopulasie dan op sy hoogste piek in terme van getalle is. Dit is wel moontlik om voor (die plante moet dan minstens agt weke oud wees) of ná blomtyd monsters in te bring.

Ongelukkig val die meeste aalwurmdoders se weerhoudingstydperk (waar jy dit nie meer mag gebruik nie) reeds in blomtyd. Enige aanbevelings wat dan gemaak word, is uiteraard eers op die nuwe seisoen van toepassing. As daar wel ’n geskiedenis van aalwurmprobleme in daardie omgewing voorkom, is dit wys om met planttyd voorkomend aalwurmbeheer toe te pas.

DOEN DIT SÓ

  • Spit die hele plant se wortelstelsel met die grond rondom dit uit (Foto 2) en sit dit net so in ’n plastieksakkie (Foto 3).
  • Die bogrondse gedeelte van die plant kan afgesny word, want al die aalwurms sal in die wortels of in die grond direk rondom die wortelstelsel wees (Foto 4).
  • Merk die monster duidelik sodat hierdie verwysing gebruik kan word as die verslag uitgestuur word (Foto 5).
  • Hou die monsters in die koelte en moenie dat dit in die son bak nie.
  • Indien die monsters nie dadelik per koerier na die laboratorium gestuur kan word nie, kan dit nog vir sowat twee dae in die yskas gehou word. Op dié manier sal die aalwurms nie verder aanteel in die hitte en die monsters sodoende ’n foutiewe beeld gee van wat werklik in die land aangaan nie.
Foto 2: Die hele plant moet saam met die wortels en omliggende grond verwyder word.
Foto 3: Plaas die wortelstelsel saam met die grond in ’n plastieksakkie.
Foto 4: Die plant se bogrondse gedeeltes is oorbodig en kan verwyder word.
Foto 5: Die inligting op die sakkie is van belang sodat die monster geïdentifiseer kan word.

Stuur monsters na:
LNR-Instituut vir Graangewasse
Hendrik Schoeman-gebou
Chris Hani-rylaan 114
Potchefstroom
2520

Sluit ’n folio of besigheidskaartjie met die kliënt se kontakbesonderhede by die pakkie in.
’n E-posadres moet verkieslik ingesluit word sodat die verslag daarheen gestuur kan word. Merk die pakkie vir aandag: Dr Sonia Steenkamp.

Dis wat met die monsters gebeur

Uit elke wortel en grondmonster word drie ekstraksies gedoen, naamlik:

  • Grond (200 cm3): Dit is waar al die eksterne plantparasitiese aalwurms voorkom wat nie die wortels binnedring nie en net van buite af voed.
  • Wortel (5 g): Dis waar die aalwurms wat in die wortels voorkom, onttrek word.
  • Wortel (50 g): Hierdie tegniek is spesifiek vir knopwortelaalwurm ontwikkel, waar die gelatienlagie om die wyfies se eierpakkies opgelos word sodat die eiertjies loskom. Die eiers word dan getel om te bepaal wat die stand van die knopwortelaalwurm-populasie in daardie spesifieke monster is.

Koste: Elkeen van die analises kos R280 (BTW ingesluit). ’n Volledige aalwurm-analise sal dus R840 kos. Dit is raadsaam om al drie analises aan te vra omdat elke onttrekking op verskillende aalwurms fokus en dit saam ’n betroubare prentjie skets oor wat in die spesifieke land aangaan.

Tydperk: Die hele proses word binne vyf werksdae afgehandel. As die laboratorium nie te besig is nie, bestaan die kans dat ’n produsent sy verslag al op dieselfde dag of die volgende dag nadat die monsters ontvang is, kan kry.

Tags: MRT/APR 2025
Previous Post

Satellietbeelde se belangrike rol

Next Post

Oorweeg al die speenopsies vir optimale wins

Recommended

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In