
Uilsentrum wyd bekend vir hul reddingswerk
Kliek op die skakel om na een van die unieke reddingspogings te kyk waar Brendan en Danelle Murray, eienaars en stigterslede van die Owl Rescue Centre in die Hartbeespoort-omgewing, en hul span ’n bosvark wat in ’n draadstrik gevang is, gehelp het.
https://www.facebook.com/reel/990713743528022
Danelle is tans ook besig met ’n nuwe boek oor die drama en vreugde van die organisasie se bobbejaan-reddingswerk. Volgens beplanning behoort dit teen Desember op die rakke te wees. Sy het reeds drie ander boeke gepubliseer. Besoek gerus https://www.owlrescuecentre.org.za/Books/ om meer oor dié boeke te lees.

“Ondier” se skoonheidsroetine
As jy al ooit gewonder het of aasvoëls bad, bied dié video van VulPro, ’n nie-winsgewende aasvoëlbewaringsorganisasie in die Hartbeespoort-omgewing, die antwoord. Kliek op die skakel om ’n badsessie te sien.
https://www.facebook.com/reel/2076929549538342
Die donkie is ’n wonderlike ding
Die foto’s en stories op die Rest Ur Ass Donkey Sanctuary in Roodepoort se Facebook-blad sal die hartsnare roer. Hier is ’n paar van die “aah”-oomblikke.
Die dragtige Daisy is onlangs in Bela-Bela gered en het daarna geboorte geskenk aan Lily (sien foto regs bo), wat danksy die reddingspoging nie aan dieselfde wreedheid as haar mamma blootgestel sal word nie.
Tippy is al ’n geruime tyd ’n inwoner, maar het haar been beseer. Die span van Onderstepoort het verseker dat sy gou weer op al vier bene sal kan rondspring, maar vir eers mag sy net in ’n klein kampie rondbeweeg met die gips aan haar been.

toebroodjie deel met haar “volgelinge”.
Kyk net wie is gekliek
Trevor Barnett, ’n Suid-Afrikaanse natuurfotograaf, neem unieke foto’s van veral wild en voëls – soos dié rooibekneushoringvoël wat ’n skerpioen gevang het.








