• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jul 28, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Arena-redakteur neem afskeid

28 Jul 2026
in Dinamiese vennoot
Arena-redakteur neem afskeid
Share on Facebook

Dinamiese vennoot

NICOLENE Smalman-Kotzé, NWK se kommunikasiebestuur­der, wat op 7 Januarie 2019 as multimediaspesialis by die maatskappy aan­gesluit het, groet Arena-lesers ná 7½ jaar.

As ‘n ernstige hardenuus-joernalis wat by die SABC in Mahikeng (voorheen Mafikeng) werksaam was, was die rustiger pas van dié pos aanvanklik ‘n groot aanpassing. Sy het egter vinnig ‘n nuwe ritme gevind in die meer gemoedelike omgewing en verskeie hoogtes bereik.

Een van dié hoogtepunte was die groei van NWK Limited se Facebook-blad. “Ek het ‘n baie doelgerigte strategie met NWK se sosialemediaplatforms gevolg en het veral baie moeite met Facebookgedoen. Die aantal volgelinge op dié blad het sedert my aanstelling in 2019 met bykans 16 000 volgelinge gegroei – iets waarop ek baie trots is.”

Met haar aanstelling as NWK Arena se redakteur in 2021 het dié tydskrif haar “baba” geword. “Ek is veral trots op elke profiel wat ek oor ons dinamiese boereklante geskryf het. Dit het daartoe gelei dat ek baie inte­ressante, opregte mense ontmoet het.”

In haar redakteursbrief het sy lesers met alledaagse gebeure uit haar lewe probeer motiveer of inspireer. Lesers het vinnig agtergekom dat sy met haar hart op haar mou loop.

Op ‘n persoonlike vlak was Nicolene se deelname aan verlede jaar se Ysterman ten bate van Agri Securitas ‘n groot hoogtepunt, veral die kameraderie en spangees in die NWK-groep.

Die grootste lewensles wat sy in haar tyd by NWK geleer het, is dat ‘n mens nie kan kies wat met jou gebeur nie, maar wel kan kies hóé jy daarop reageer. Haar droom vir die toekoms is dat sy sal kan aanhou stories vertel en daarmee ‘n verskil kan maak, al is dit slegs in één persoon se lewe.

Nicolene het op 1 Julie by die groentesaadmaatskappy, Rijk Zwaan, in Pretoria ingeskakel as bemarkingspesialis: Kommunikasie nadat haar man, Richard, reeds in Februarie vanjaar ‘n gulde loopbaangeleentheid in dié stad aangegryp het.

Tags: Jul/Aug 2026
Previous Post

Dankie en tot weersiens

Next Post

Leerlinge kry ‘n akademiese hupstoote hupstoot

Recommended

Volhoubaarheid begin by jou plaashek

Volhoubaarheid begin by jou plaashek

28 Jul 2026
Bewaringsnuus

Bewaringsnuus

28 Jul 2026
Leerlinge kry ‘n akademiese hupstoote hupstoot

Leerlinge kry ‘n akademiese hupstoote hupstoot

28 Jul 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Volhoubaarheid begin by jou plaashek

Volhoubaarheid begin by jou plaashek

28 Jul 2026
Bewaringsnuus

Bewaringsnuus

28 Jul 2026
Leerlinge kry ‘n akademiese hupstoote hupstoot

Leerlinge kry ‘n akademiese hupstoote hupstoot

28 Jul 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In