• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jul 28, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Leerlinge kry ‘n akademiese hupstoote hupstoot

28 Jul 2026
in Dinamiese vennoot
Leerlinge kry ‘n akademiese hupstoote hupstoot

Dennis Coetzee besig met ‘n aanbieding oor loopbaankeuses.

Share on Facebook

Dinamiese vennoot

IKATELENG (Tswana vir “bemagtig jouself”) is ‘n program wat die Noordwes-Universiteit (NWU) reeds vir die afgelope amper 40 jaar met groot sukses aanbied. Die projek het in 1988 by die NWU se Vaal­driehoek-kampus afgeskop en is in 1991 na die Potchefstroom-kampus uitgebrei. Sedertdien het meer as 10 000 matrikulante die program voltooi. NWK belê voortdurend in die jeug en in die maat­skappy se toekomstige werknemers en werk daarom sedert 2011/2012 saam met die NWU om dié projek aan te bied.

Die projek se hoofdoel is om matriekuitslae en toegang tot tersiêre instellings te verbeter. Dit word vermag deur aanvullende opvoedkundige onderrig vir graad 10- tot graad 12-leerlinge by agt verskillende sentrums in Noordwes, Gauteng, die Noord-Kaap en die Vrystaat aan te bied. Onderrig in lewensvaardighede en psigometriese toetsing is deel van die program.

In 2025 het altesaam 163 leerders ekstra klasse by die Lichtenburg-sentrum voltooi in vakke soos rekeningkunde, ekonomie, Engels, verbruikerswetenskappe fisiese wetenskappe, lewensweten-
skappe, sowelas wiskunde. Lichtenburg se resultate het stewige prestasie getoon, met 96% van kandidate wat ‘n slaagsyfer oor baccalaureus (81%), di­ploma (10%) en hoër sertifikaat (5%) behaal het. Die algehele slaag­syfer van leerders by die Lichtenburg-sentrum was 95%.

Die 2026-program het op Saterdag, 14 Maart, by die NWK Opleidingsentrum in Lichtenburg afgeskop met ‘n groep graad 10- tot graad 12-leerlinge. Vanjaar het NWK se Mensekapitaal-afdeling weereens aan die openingsgeleentheid deelgeneem, met die volgende sprekers:

  • Dennis Coetzee, groephoof: Mensekapitaal, het oor loopbaankeuses gesels.
  • Jo-Mari Horn, opleiding- en ontwikkelingspesialis, het op professionaliteit in die werkplek gefokus.
  • Anita Labuschagne, talentwerwingspesialis, het die geleenthede wat NWK bied, bespreek.
Tags: Jul/Aug 2026
Previous Post

Arena-redakteur neem afskeid

Next Post

Bewaringsnuus

Recommended

Volhoubaarheid begin by jou plaashek

Volhoubaarheid begin by jou plaashek

28 Jul 2026
Bewaringsnuus

Bewaringsnuus

28 Jul 2026
Leerlinge kry ‘n akademiese hupstoote hupstoot

Leerlinge kry ‘n akademiese hupstoote hupstoot

28 Jul 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Volhoubaarheid begin by jou plaashek

Volhoubaarheid begin by jou plaashek

28 Jul 2026
Bewaringsnuus

Bewaringsnuus

28 Jul 2026
Leerlinge kry ‘n akademiese hupstoote hupstoot

Leerlinge kry ‘n akademiese hupstoote hupstoot

28 Jul 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In