• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Nov 16, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technical
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technical
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Niks is in ons eie hande nie

16 Nov 2026
in Dinamiese vennoot
Niks is in ons eie hande nie
Share on Facebook

BESTE aandeelhouers, produsente en werknemers van NWK

Die Kersseisoen bring ons weer tot stilstand om terug te kyk ná ‘n jaar wat in ‘n oogwink verby is. Ons kan met dankbaarheid erken hoe die Here ons geseën het. 2026 was vir die grootste deel van NWK se landbougemeenskap ‘n goeie jaar — oes­volumes en marktoestande het ons in staat gestel om met hoop en vertroue vorentoe te beweeg. Ons dankbaarheid teenoor God is groot, want sonder Sy voorsiening sou ons arbeid en beplanning nie vrug gedra het nie.

Tog weet ons dat die toekoms onseker bly. Die El Niño-verskynsel bring kommer oor die seisoen waarin ons is, en herinner ons daaraan dat niks in ons eie hande is nie. As NWK en as produsente plaas ons hierdie uitdagings in God se hande, met die geloof dat Hy ons sal lei en die nodige wysheid en volharding sal gee. Ons roeping bly om goeie rentmeesters te wees van die grond en die gemeenskappe wat aan ons toevertrou is.

Ek spreek my opregte dank uit teenoor elke werknemer wat met toewyding diens gelewer het, elke produsent wat met moed en harde werk die grond bewerk het, en elke aandeelhouer wat ons visie ondersteun het. Julle is saam die fondament waarop NWK se nalatenskap rus.

Mag hierdie Kersfees vir jou en jou gesin ‘n tyd van vrede, vreugde en hernude geloof wees. Mag die nuwe jaar ons almal nader aan mekaar én aan die Here bring. Mag ons saam voortgaan om ‘n volhoubare en geseënde landbougemeenskap te bou.

Seënwense vir ‘n vreugdevolle Kersfees en ‘n voorspoedige 2027.

Groetnis

Pieter Jansen van Vuuren, voorsitter van NWK Beperk

Tags: Nov/Des 2026
Previous Post

Maak Suid-Afrika ‘n “lekker” plek

Next Post

Almal is deel van NWK se reis


Recommended

Talle loopbane wink vir die jeug

Talle loopbane wink vir die jeug

16 Nov 2026
Ontmoet NWK Arena se nuwe redakteur

Ontmoet NWK Arena se nuwe redakteur

16 Nov 2026
Almal is deel van NWK se reis

Almal is deel van NWK se reis

16 Nov 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek
  • Uncategorised

Nuutste/Latest

Talle loopbane wink vir die jeug

Talle loopbane wink vir die jeug

16 Nov 2026
Ontmoet NWK Arena se nuwe redakteur

Ontmoet NWK Arena se nuwe redakteur

16 Nov 2026
Almal is deel van NWK se reis

Almal is deel van NWK se reis

16 Nov 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In