• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Waak teen peste wat ’n boerdery kan vernietig

17 Nov 2021
in Nuus

Die sprekers by NWK Retail se boeredag op Zeerust was Heinrich Havemann van BASF,
die bekende veearts dr Faffa Malan en Ruan van Wyk, ook van BASF.

Share on Facebook

“Jou kudde lê in jou hande!” Met dié vermaning het die bekende Dok Faffa Malan sy aanbieding by NWK Retail se boeredag op Zeerust afgesluit. Dié dag is op 11 November 2021 by Kareespruit aangebied.

Dr Faffa se aanbieding was net so energiek en insiggewend soos altyd, al het dié bekende veearts vroeër vanjaar “by die dood omgedraai” weens COVID-19. Hy het weer sy drie “h’s” van dieregesondheid beklemtoon:

  • Heinings: “‘n Stukkende heining kan jou ondergang beteken. Nie net kan jou vee wegdwaal nie, maar ongesonde diere kan met jou kudde in aanraking kom.”
  • Hekke: “Streng toegangsbeheer is baie belangrik.” Dr Faffa het produsente aangeraai om die bande van voertuie wat op hulle plase kom, met ‘n F-10-oplossing af te spuit en ook aan besoekers skoon rubberstewels te gee.
  • Harsings: “Dink vooruit. Oorweeg moontlike risiko’s.”

Hy het beklemtoon dat almal in die landbousektor verantwoordelik is vir voedselsekerheid en daarom ook voedselveiligheid. “Die meeste verspreiding van siektes vind by veilings plaas. Jy kan die beste voorsorg tref, maar enige bees kan siektes daar aanbring en versprei.”

Produsente is ook aangemoedig om seleksie in te span om swak en siek diere uit te skot. “Vra hoekom ‘n bepaalde dier meer bosluise het as ‘n volgende een. Die toekoms van jou kudde en diere se gesondheid lê in seleksie. Kies ook diere wat minder vreet, maar meer gewig aansit.”

Biosekuriteit

Biosekuriteit rus op drie bene:

  • Omgewing: Hoe lyk jou water en lug? Dit alles beïnvloed dieregesondheid. “Het jy al jou boorgate laat toets vir moontlike tekorte?”
  • Mense: Hoe lyk die veeartse wat jou plaas besoek? Gee jy vir hulle skoon oorpakke om aan te trek? Sorg ook dat jou werkers skoon oorpakke en waterstewels het. “Een verkeerde besluit kan jou vernietig,” het Dr Faffa weer gewaarsku.
  • Diere: Nuwe diere móét vier weke lank onder kwarantyn wees voordat hulle by ‘n bestaande kudde gevoeg word. Dit is omdat bosluise, wat talle siektes oordra, se lewensiklus 21 dae is. “Die larf wat uitbroei en sewe dae later tot ‘n nimf ontwikkel wat nóg sewe dae later ‘n volwaardige bosluis word,” is nie sigbaar nie, maar reeds op jou diere,” het hy verduidelik. Siektes soos Afrika-rooiwater word juis tydens die nimffase oorgedra.

Dr Faffa het produsente aangemoedig om hulle honde gereeld te ontwurm, omdat hulle wurms na vee en wild kan oordra.

Rotte veroorsaak astronomiese skade

Heinrich Havemann wat spesialiseer in pesbeheer by BASF, het uitgebrei oor knaagdiere en die skade wat hulle veroorsaak.

Rotte, muise en nagmuise beskadig geboue, gestoorde produkte en landbougewasse en rig ook indirekte skade aan wild en pluimvee aan deur hulle kos te vreet en dit te besmet met urine en hare. “Een volwasse rot produseer tot ses liter urine per jaar, 16 000 stukkies ontlasting en 300 000 hare.”

Knaagdiere se snytande groei tot 11 cm per jaar en hulle knaag daarom voortdurend om dit kort te hou. “Hulle kake kan krag van tot 1 bar voortbring en hulle byt ses keer per sekonde.”

MOEILIK OM TE BEHEER

Knaagdiere se voortplantingsvermoë is geweldig goed en ‘n teelpaar kan onder gunstige toestande tot 2 000 kleintjies binne ses maande voortbring, sou hulle elke drie weke ‘n werpsel van tien kleintjies hê. Hulle is intelligent, het goeie instink en navorsing wys dat hulle boonop weerstandig raak teen die meeste gifstowwe op die mark.

Tot 98% van rotgif bestaan uit ‘n antikoagulant wat veroorsaak dat hulle doodbloei. Dit kan natuurlik ook tot die dood van roofdiere soos uile en aasvoëls lei, veral as hulle knaagdiere vang wat veelvuldige gif ingeneem het wat nie tot dadelike vrektes lei nie.

‘n Omgewingsvriendelike alternatief

BASF verskaf Selontra, wat basies uit ‘n oormaat vitamien D3 bestaan. Dit het ‘n laer toksisiteit en knaagdiere verkies dit bo ander kos weens sy smaaklikheid. Selontra lê kalsium in die sagte organe neer wat lei tot verharding en uiteindelik die dood veroorsaak. Kolonies kan binne sewe dae uitgewis word.

Die hoeveelheid vitamien D3 in Selontra is nie giftig vir uile en ander voëls nie. Die kanse vir sekondêre vergifting in honde is ook minder deurdat hulle simptomaties vir hierdie tipe vergiftiging behandel kan word.

Heinrich het produsente gemaan om rotgif altyd in sogenaamde lokaasstasies te sit en ook nie hulle eie mengsels met verskillende gifstowwe uit te sit nie. “Dit is teen die wet en jy kan swaar tronkstraf opgelê word,” het hy gewaarsku.

Pas lyndrade op

Ruan van Wyk, ook van BASF, het uitgebrei oor die produk Arsenal Power wat met groot sukses op lyndrade gebruik word.

Lyndrade word beskadig deur brande, diere wat hul koppe daardeur druk om te vreet en dit dan plat druk, asook drade wat roes weens nat gras wat deurlopend daaraan raak en natuurlik, reën. Dit is daarom belangrik om dit skoon te hou van onkruide met ‘n produk soos Arsenal Power. “Met materiaal teen sowat R21 160 per kilometer en arbeid teen sowat R10 000 per kilometer, kan dit tot R31 160 per kilometer kos om ‘n heining te vervang,” het Ruan gesê. Deur lyndrade, spoorlyne en plaasopstalle met ‘n onkruiddoder te behandel, hoef dit nie so gereeld vervang te word nie.

Ander voordele van Arsenal Power, sluit in:

  • Langdurige nawerking.
  • Dit is reënvas binne twee ure nadat dit gespuit is.
  • Goeie uitklopaksie.
  • Dit is omgewingsvriendelik.
  • Dit skep padreserwes vir brande.

Ruan het produsente ook aangeraai om wenakkers skoon te hou, omdat trekkers hier deur onkruid ry en dit dan in die lande versprei.

Tags: Nov/Des 2021
Previous Post

October 2021: Agricultural economic report

Next Post

Wéés die verskil wat jy wil sien


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In