• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Ken jou regte: Riglyne om arrestasie te hanteer

Harm Bronkhorst, Senior regsadviseur, Korporatiewe Regsdienste

14 Mar 2024
in Nuus
Ken jou regte: Riglyne om arrestasie te hanteer
Share on Facebook

Alhoewel niemand dit wil glo of hoor nie, gebeur dit tog dat ’n mens ontydig en uit die bloute arrestasie in die gesig kan staar. Wanneer jy jou in só ’n situasie bevind, veroorsaak die skok en verbasing dat jy gewoonlik nie behoorlik fokus nie en verkeerd optree.

Die doel van hierdie artikel is om basiese riglyne te bied oor voorsorg wat getref kan word om ’n situasie waar jy arrestasie in die gesig staar, sinvol die hoof te bied. Een geval waar dit kan gebeur, is byvoorbeeld wanneer die spoedgrens met meer as 35 km/h oorskry word, wat outomaties tot ’n arrestasie kan lei.

Wees voorbereid

Maak seker dat jy die nommers van minstens twee ervare prokureurs wat in kriminele sake spesialiseer op jou selfoon het.

Dokumente wat jou adres kan bevestig (byvoorbeeld ’n huurkontrak en/of munisipale rekening), sowel as dat jy permanent in diens is (byvoorbeeld ’n salarisstrokie), wat nie ouer as drie maande is nie, moet in jou voertuig se paneelkissie gehou word. Hou ook mediese verslae en ’n lys van enige chroniese medikasie in die paneelkissie. Stel jou foon om jou te herinner om dit elke drie maande op te dateer.

As die polisie jou op ’n Vrydag kontak om ’n verklaring te gaan aflê, is dit ’n goeie idee om te sê dat jy jou prokureur teenwoordig wil hê en dat jy dit op die daaropvolgende Maandag sal doen. Kontak dan jou prokureur en reël dit. Die kanse is goed dat, indien jy wel die Vrydag die verklaring gaan aflê, jy die naweek in die selle sal deurbring. Maak seker dat jy voldoende fondse beskikbaar het om jou prokureur en/of borg te betaal. Dit kan duur wees.

Voorvalle van geweld

Indien jy in ’n gewelddadige voorval betrokke is, byvoorbeeld waar jy op ’n aanvaller skiet of in ’n vuisgeveg betrokke raak, is dit belangrik om dadelik mediese hulp te kry. Vra jou dokter om alle beserings volledig te dokumenteer.

Reël met iemand om foto’s van die toneel te gaan neem, maar om dit versigtig te doen sodat geen bewysmateriaal vernietig of beskadig word nie. Stel ook dadelik ’n volledige verklaring van die gebeure op, terwyl dit nog vars in jou geheue is.

Indien moontlik, reël met jou dokter om in ’n hospitaal opgeneem te word vir behandeling. Persone wat gehospitaliseer word, word normaalweg nie dadelik gearresteer nie en dit kan dalk vir jou voldoende geleentheid bied om die nodige reëlings met jou prokureur te tref.

Om te praat of te swyg

  • Omdat dit ’n grys gebied is, is daar nie ’n vaste reël nie. Dit is oor die algemeen beter om jou prokureur teenwoordig te hê wanneer jy ’n verklaring maak.
  • As die polisie ’n waarskuwingsverklaring by jou wil afneem, sorg dat jou prokureur byderhand is. Indien dit nie moontlik is nie, sê bloot dat jy jou verklaring in die hof sal aflê.
  • Indien jy oor iets twyfel, bly eerder stil. Enige erkenning wat jy maak, kan later in die hof teen jou gebruik word en ’n mens moet daarteen waak om jouself nie te benadeel nie.
  • Onthou dat jy geregtig is om te swyg en nie erkennings te maak wat jou kan inkrimineer nie.

Hoe werk borgtog?

Dit is ook ’n komplekse vraag. Vir geringe oortredings, soos ’n aanranding met ’n oop hand of winkeldiefstal, kan die polisie self borgtog toestaan. Dit is daarom belangrik om jou bewyse van adres en werk byderhand te hê.

Vir ernstiger oortredings (sogenaamde skedule 5- of skedule 6-oortredings, soos poging tot moord, aanranding met die opset om ernstig te beseer), kan slegs ’n hof borgtog toestaan. Indien jy na-ure of oor ’n naweek hiervoor gearresteer word, sal jy in aanhou­ding bly tot die volgende dag of ’n Maandag (indien die Maandag ’n vakansiedag is, sal jy moet wag tot die volgende werksdag) en jy in die hof kan verskyn.

Dit is beter om eerder veilig as jammer te wees. Dinge loop maklik skeef, maar dit kan met ’n bietjie voorbereiding en gesonde verstand bestuur word.

Tags: MRT/APR 2024
Previous Post

Silo’s klop beurtkrag met sonkrag

Next Post

Lichtenburg grain farmer wins prestigious award


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In