• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Veeprodusente kan nou ook digitaal rekord hou met NWK Online

Pieter le Roux en Leon Stoltz

24 Jun 2024
in Dinamiese vennoot
Veeprodusente kan nou ook digitaal rekord hou met NWK Online
Share on Facebook

Dinamiese vennoot

Veeprodusente kan nou NWK Online met groot vrug inspan in hulle boerdery-opsette met die funksionaliteit Kuddebestuur wat onlangs die lig gesien het. NWK Online, die slimkoptoep vir landbou, is verlede jaar bekendgestel en die maatskappy het besluit om dit ook vir hul vennote in die veebedryf in te span.

‘n Toenemende aantal van NWK se boereklante diversifiseer om hulle risiko te versprei en het daarom ook veevertakkings.

NWK se voorste inligtingstegnologie-ontwikkelaars het veeprodusente genader en gevra watter funksionaliteite hulle op Kuddebestuur sou wou sien. Ná maande se ontwikkeling, spog NWK Online se Kuddebestuur nou met ‘n rekordhoudingsprogram waar veeprodusente relevante inligting rondom al hul kuddes kan stoor.

Rekordhouding

Suksesvolle produsente weet mos “om te meet is om te weet” en kuddebestuur in veeboerdery is geen uitsondering nie. Kuddebestuur op NWK Online se funksionaliteite sluit die volgende in:

  • ‘n Databasis wat al die diere op die plaas akkommodeer.
  • Die rekordhouding van bestuursinligting soos wegings en dieregesondheid.
  • Toeken van diere aan troppe wat in groepverband behandel kan word, soos om as groep geweeg of gedip te word.
  • Die rekordhouding van alle behandelings soos inentings. Die produsent kan dus ‘n geskiedenis opbou van alle behandelings en ondersoeke soos dragtigheid.
  • Rekordhouding van alle wegings op elke dier. Monitor groei en identifiseer diere vir uitskot op grond van groei-indekse.
  • Rekordhouding van troppe en getalle diere en die tydperk wat diere in ‘n kamp loop om kampbestuur oor tyd te fasiliteer.
‘n Skermgreep van die “My kudde”-dashboard.

Onafhanklik van netwerkverbinding

Selfoonopvangs in die veld is ‘n algemene kopseer wat NWK ingedagte moes hou tydens die ontwikkeling van die toevoeging tot dié toep. Vir hierdie rede is Kuddebestuur as ‘n losstaande toep ontwerp en kan dus onafhanklik van enige netwerkverbinding gebruik word.

Daarom is dit belangrik dat gebruikers die NWK Livestock-toep aflaai. Dit is gratis op beide die “Android” en “Apple”-platforms beskikbaar.

Alle aktiwiteite en enkoderings in die veld sal met die hoofstelsel sinchroniseer sodra dit binne ‘n internetverbinding (soos 4G of Wi-Fi) gebring word. Aksies (soos dip of weeg) kan dus van lyn af in die veld uitgevoer word terwyl die data op die handstuk gestoor word (sonder internet). Sodra ‘n internetverbinding beskikbaar word, laai die data op en sinchroniseer só na die hoofdatabasis.

NWK Livestock skakel parallel met die NWK Online-toep. Navrae, administratiewe funksies en verslae kan op NWK Online verkry en bestuur word.

Elke gebruiker werk onder sy unieke identifikasie (ID). Ander betrokkenes soos adviseurs of bestuurders kan toegang verkry slegs indien die eienaar dit verleen.

GEE JOU MENING

Alhoewel die toep reeds beskikbaar is vir gebruik deur veeprodusente , word daar deurlopend verbeterings aan die toep gemaak. Gebruikers kan gemeenskaplike behoeftes en voorstelle tot verbetering aan NWK deurgee. Voorstelle sal na oorweging ingebou word. Op hierdie wyse word die toep oor tyd uitgebrei, verbeter en opgedateer.

Funksies

Beskikbare funksies sluit die volgende in:

  • Die toep maak rekordhouding by beeste, skape, bokke en varke moontlik.
  • Diere kan tot die databasis gevoeg word teen ‘n unieke oornommer. Elektroniese identifikasie is ‘n bykomende opsie (RFID- tegnologie) om inligting outomaties te stoor. Die toep benodig ‘n suksesvolle verbinding met ‘n skandeerder voordat die opsie op die toep gebruik kan word.
  • Wegings kan met die hand gedoen word, dus word die oornommer fisies op die toep ingelees en die gewig word ook fisies teenoor die dier se nommer ingelees.
  • Met die skrywe van hierdie artikel was NWK se ontwikkelingspan in gesprek met die tegniese span van TAL-TEC. NWK is vol vertroue dat die toep binnekort direk gekoppel gaan wees met die elektroniese skale van TAL-TEC. Deur gebruik te maak van RFID-tegnologie en elektroniese skale sal beide die nommer en die gewig elektronies vasgelê word. Hierdie deurbraak sal die weging van diere beslis vergemaklik en bespoedig.
  • Enige veeartsenykundige behandeling kan op dieselfde wyse individueel aangeteken word. Behandelings kan egter ook in tropverband aangeteken word, byvoorbeeld ‘n trop koeie wat dieselfde behandeling op dieselfde dag ontvang, soos inentings of dip.
  • Bestaande diere waarvan die rekords op ‘n sigblad bygehou word (byvoorbeeld Excel) kan na ‘n sjabloon (templaat) oorgedra en gemaklik op NWK Online ingevoer word. Dit is dus nie nodig om bestaande diere wat reeds elektronies vasgelê is oor in te tik op die toep nie.
  • Diere wat doodgaan of verkoop word, word as sulks aangeteken. Vrektes word teen ‘n datum genoteer en die oorsaak van die vrekte word ook aangeteken. Die moontlike oorsake word gelys en die lys groei soos nuwe oorsake bygevoeg word. Vrektes kan enigiets insluit soos siekte, diefstal en slagtings. Daar is verder ook die opsie om aan te teken watter siekte dit sou wees – hierdie lysie brei ook uit soos nuwe siektes bygevoeg word.
Die groei-weeggeskiedenis van ‘n enkele dier word so aangebied.

Ten slotte

Die gratis NWK livestock-toep is ‘n eenvoudige, tog handige stuk gereedskap wat kommersiële veeprodusente se lewens gaan vergemaklik. Gebruikers van die toep sal inligting rakende hulle kuddes op enige tyd op ‘n slimfoon kan sien. Hierdie inligting kan help dat ‘n veeprodusent oordeelkundige bestuursbesluite neem.

Belangstellendes kan Pieter le Roux, hoof-diere-en-weidingwetenskaplike by NWK, skakel by 018 633 1153 of ‘n e-pos stuur na pieterlr@nwk.co.za

‘n Enkele dier se log.
Tags: Mei/Jun 2024
Previous Post

NWK maak begrotings maklik

Next Post

Use stress to your advantage


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In