• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Promosie

Wat is die “nuwe” geheim in die sak?

Richardt Venter, Professionele veekundige en kuilvoerkonsultant, AgSci Unlimited

16 Aug 2024
in Promosie
Wat is die “nuwe” geheim in die sak?
Share on Facebook

Dinamiese vennoot

As dit by kuilvoer kom, is Winterstorm se kleinverpakking-kuilvoer (die geheim is in die sak) alombekend vir gehalte, konsekwentheid en waarde. So dan is dit seker geen geheim wat in die sak is nie? Of is dit? Wel, daar is nou ’n “nuwe” geheim in die sak! Winterstorm se kuilvoer is weereens verder verbeter!

Winterstorm Investments is ’n familie-onderneming in Noordwes wat in 2004 gestig is. Winterstorm lewer vanaf 2007 kuilvoer aan die kommersiële mark in losmaat. In 2018 het vakuumverpakte 31,25 kg sakke die mark bereik.

Winterstorm Kuilvoer se proses vanaf inkuiling tot bunkerbestuur en verpakking word deur AgSci Unlimited Kuilvoer Konsultasie geoudit. Hierdeur word verseker dat die kliënt ’n goeie gehalte produk ontvang wat deurgaans gehaltebeheer ondergaan.

’n Bietjie agtergrond oor kuilvoer in die geheel: “Kuilvoer” word dikwels in die volksmond as naam aangewend vir mieliekuilvoer, maar dit is in werklikheid die versamelnaam vir alle soorte kuilvoer. Kuilvoer is enige ruvoer wat in die nat (groen) stadium geoes word, en dan gefermenteer word om preservering te verkry. Daarom moet ’n mens altyd die gewas wat “ingekuil” is ook aandui.

Soetvoersorghum-kuilvoer verwys na die tipe kuilvoer in die groep van voersorghums en kruisings met grasse, bv. Soedangras. In die geval van Winterstorm-kuilvoer word hierdie gewas verder in die land vermeng met mielieplante deur middel van ’n unieke aanplantingsmetode. Dit verhoog die kuilvoer se voedingswaarde deur die styselinhoud te verhoog, veselinhoud te verlaag en die algehele voedingswaarde te verbeter.

Kuilvoer bly een van die hoofvoerbronne vir herbivore omdat dit so smaaklik en voedsaam is. Kuilvoer wat korrek gefermenteer het en suksesvol gestoor is, se verteerbaarheid en dus benutbaarheid is ook verbeter, en dit gee dus ’n verhoogde voeromset.

Dit is belangrik om aan herbivore soos herkouers en perde se veselbehoefte te voorsien. Dit is die grondslag van basiese dierevoeding. En omdat alle diere se inname beperk is, is die gehalte ruvoer wat gebruik word ook van kardinale belang. Hoe beter die gehalte, hoe minder voer word benodig om aan die dier se voedingsbehoeftes te voorsien.

Daarom is Winterstorm se nuwe “geheim in die sak”-kuilvoer, ideaal vir alle klasse van plaasdiere, jonk tot oud, in produksie of op onderhoud.

’n Paar belangrike voordele van Winterstorm-kuilvoer:

  • Winterstorm se soetvoersorghum-kuilvoer word doelgeplant en in die landerye met mielies verryk om die styselinhoud effens te verhoog.
  • Dit is veilige voer en kan onbeperk vir alle herbivoorspesies gevoer word.
  • Hierdie kuilvoer kan op sy eie gevoer word, of in kombinasie met hooi of natuurlike weiding.
  • Dit is fyn gekerf, wat vermorsing beperk.
  • Die kuilvoer is uiters smaaklik en ná ’n aanvanklike kort aanpassing is die innames baie goed.
  • Winterstorm se soetvoersorghum-kuilvoer het beter verteerbaarheid weens optimale fermentasie.
  • Winterstorm-kuilvoer het ’n baie lang raklewe, mits die sakke korrek gestoor word en heel bly.
  • Omdat die kuilvoersakkies slegs 31,25 kg elk weeg, is dit ideaal vir hantering met die hand.
  • Die klein volume per sakkie verseker ook dat, in die geval waar min diere gevoer word, die kuilvoer nooit warm word nie omdat net genoeg op ’n slag oopgemaak word.
  • Winterstorm is dié kleinverpakking-kuilvoerverskaffer met die langste ondervinding.
  • Dit is die enigste kleinverpakking-kuilvoer op die mark wat ’n gehalte-oudit ondergaan.

Winterstorm-kleinverpakking se “nuwe” en verbeterde soetvoersorghum-kuilvoer is die markleier in Suidelike Afrika! En as jy wonder waaroor dit gaan, onthou: Die “nuwe” geheim is in die sak!

Tags: Jul/Aug 2024
Previous Post

Silodienstebeamptes gesels oor nagmerrie-ervaring met verwoede pitbulls

Next Post

Pause, reflect and plan ahead


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In