• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, Apr 9, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Lichtenburg kry eerste laaipunt vir elektriese voertuie

Nicolene Smalman-Kotze, Redakteur

9 Apr 2026
in Nuus
Lichtenburg kry eerste laaipunt vir elektriese voertuie

Pieter Jansen van Vuuren (voorsitter van NWK se direksie) en Pieter Kleingeld (groephoof- uitvoerende beampte van NWK)
kort nadat die lint geknip is.

Share on Facebook

‘n Splinternuwe Aeversa-laaier waarmee elektriese en hibriede voertuie in ʼn japtrap gelaai kan word, is vandag by NWK Total Lichtenburg onthul.

Motoriste met elektriese voertuie kan dit nou met veiligheid hier herlaai terwyl hulle smul aan spesialiteitskoffies of heerlike etes by Vida e Caffè en/of BlackSteer.

Die laaier kan ‘n voertuig se battery in so vinnig as 30 minute tot 80% kapasiteit laai. Dit funksioneer met batterye wat met ʼn kombinasie van son- en munisipale krag gelaai word.

Twee voertuie kan tegelyk herlaai en afhangend van die laaivermoë van die voertuig, kan een voertuig met 120 kW laai of twee voertuie gelyk met 60kW elk.

“Hierdie laaier simboliseer vooruitgang en gee aan bestuurders die vryheid om vinniger, slimmer en met groter gerief te reis. Dit is nie net ‘n belegging in tegnologie nie, maar ook in ons gemeenskap en ons planeet.

Bertus Jacobs, senior bestuurder van NWK Handel, by ʼn voertuig wat herlaai word.

“Ons hoop hierdie bekendstelling is een van vele mylpale op die reis na ‘n skoner en meer volhoubare toekoms vir ons land en ons gemeenskap,” het Bertus Jacobs, senior bestuurder van NWK Handel, gesê.

Die lint is deur Pieter Jansen van Vuuren (voorsitter van NWK se direksie) en Pieter Kleingeld (groephoof- uitvoerende beampte van NWK) geknip.

Motorhandelaars soos BYD, Volkswagen en Chery het ook die geleentheid bygewoon en elektriese en hibriede modelle daar uitgestel.

Herlaaikostes beloop R7.94 per kWh.

Die laaiproses word met groot belangstelling dopgehou.
Tags: MRT/APR 2026
Previous Post

Die nuwe generasie jong boere is ’n riem onder die hart

Recommended

Lichtenburg kry eerste laaipunt vir elektriese voertuie

Lichtenburg kry eerste laaipunt vir elektriese voertuie

9 Apr 2026
Die nuwe generasie jong boere is ’n riem onder die hart

Die nuwe generasie jong boere is ’n riem onder die hart

25 Mar 2026
Landbou vandag

Landbou vandag

24 Mar 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Lichtenburg kry eerste laaipunt vir elektriese voertuie

Lichtenburg kry eerste laaipunt vir elektriese voertuie

9 Apr 2026
Die nuwe generasie jong boere is ’n riem onder die hart

Die nuwe generasie jong boere is ’n riem onder die hart

25 Mar 2026
Landbou vandag

Landbou vandag

24 Mar 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In