• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, May 11, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Buitelewe

Bewaringsnuus uit ons kontrei

11 May 2026
in Buitelewe
Bewaringsnuus uit ons kontrei

Bromvoël (southern ground hornbill) met sy vangs, ’n padda.
Foto: Trevor Barnett

Share on Facebook


Uilsentrum wyd bekend vir hul reddingswerk

Kliek op die skakel om na een van die unieke reddingspogings te kyk waar Brendan en Danelle Murray, eienaars en stigterslede van die Owl Rescue Centre in die Hartbeespoort-omgewing, en hul span ’n bosvark wat in ’n draadstrik gevang is, gehelp het.
https://www.facebook.com/reel/990713743528022

Danelle is tans ook besig met ’n nuwe boek oor die drama en vreugde van die organi­sasie se bobbejaan-reddings­werk. Volgens beplanning behoort dit teen Desember op die rakke te wees. Sy het reeds drie ander boeke gepubliseer. Besoek gerus https://www.owlrescuecentre.org.za/Books/ om meer oor dié boeke te lees.

Danelle Murray

“Ondier” se skoonheidsroetine

As jy al ooit gewonder het of aasvoëls bad, bied dié video van VulPro, ’n nie-winsgewende aasvoëlbewaringsorgani­sasie in die Hartbeespoort-omgewing, die antwoord. Kliek op die skakel om ’n badsessie te sien.

https://www.facebook.com/reel/2076929549538342

Die donkie is ’n wonderlike ding

Die foto’s en stories op die Rest Ur Ass Donkey Sanctuary in Roodepoort se Facebook-blad sal die hartsnare roer. Hier is ’n paar van die “aah”-oomblikke.

Die dragtige Daisy is onlangs in Bela-Bela gered en het daarna geboorte geskenk aan Lily (sien foto regs bo), wat danksy die reddingspoging nie aan dieselfde wreedheid as haar mamma blootgestel sal word nie.

Tippy is al ’n geruime tyd ’n inwoner, maar het haar been beseer. Die span van Onderstepoort het verseker dat sy gou weer op al vier bene sal kan rondspring, maar vir eers mag sy net in ’n klein kampie rondbeweeg met die gips aan haar been.

As jy dink jy kan alleen eet tussen die donkies, maak jy ’n fout. Een van die personeel se dogtertjies moes haar
toebroodjie deel met haar “volgelinge”.

Kyk net wie is gekliek

Trevor Barnett, ’n Suid-Afrikaanse natuurfoto­graaf, neem unieke foto’s van veral wild en voëls – soos dié rooibekneushoringvoël wat ’n skerpioen gevang het.

Tags: Mei/Jun 2026
Previous Post

Wen met slim gewasbeplanning

Next Post

Boran-teler volg ’n unieke benadering


Recommended

Intensiewe lamstelsels lok al meer belangstelling

11 May 2026
Landbou vandag

Landbou vandag

11 May 2026
Die sluipende gevaar van Fusarium-aarskroei

Die sluipende gevaar van Fusarium-aarskroei

11 May 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Intensiewe lamstelsels lok al meer belangstelling

11 May 2026
Landbou vandag

Landbou vandag

11 May 2026
Die sluipende gevaar van Fusarium-aarskroei

Die sluipende gevaar van Fusarium-aarskroei

11 May 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In