• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, May 11, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Onkruidweerstandigheid: ’n Praktiese realiteit vir Suid-Afrikaanse produsente

Kyle Taylor, Agronoom

11 May 2026
in Tegniek
Onkruidweerstandigheid: ’n Praktiese realiteit vir Suid-Afrikaanse produsente

Foto 1-Skraalhanse (Conyza spp.) word beskou as baie belang­rike onkruide onder veral minimum- of geenbewerking.
Bron: SA Graan/Grain

Share on Facebook

Onkruidweerstandigheid ontwikkel wanneer onkruiddoders met dieselfde meganisme van werking oor verskeie seisoene gebruik word. ’n Klein groepie plante met natuurlike weerstand oorleef die behandeling, produseer saad en vermeerder. Beheer van dié onkruidspesies word mettertyd al hoe swakker.

Onkruidbeheer was nog altyd ’n noodsaaklike komponent van winsgewende gewasproduksie. Hoewel produkte soos glifosaat en asetolaktaatsintase (ALS)-inhibeerders jare lank betroubare resultate gelewer het, ervaar al meer produsente vandag dat onkruide plek-plek in lande oorleef, selfs waar spuitprogramme volgens die etiket uitgevoer word.

Dit is nie noodwendig ’n toedieningsfout nie, maar in baie gevalle eerder onkruidweerstandigheid. Weerstand is reeds in verskeie onkruidspesies in Suid-Afrika bevestig. Die vraag is nie meer of dit bestaan nie, maar hóé om dit te bestuur.

Dit is belangrik om kennis te neem dat weerstandigheid nie net ontstaan omdat ’n produk “swak” is nie, maar omdat seleksiedruk oor tyd weerstandige plante laat vermeerder.

Die toename in weerstandigheid word deur die volgende faktore aangehelp:

  1. Herhaaldelike gebruik van dieselfde meganisme van werking.
  2. Beperkte wisselbou.
  3. Hoë afhanklikheid van chemiese beheer in minimum- of geenbewerkingstelsels.

Onkruide met weerstand vorm tipies kolle van die spesifieke onkruid wat oorleef, ondanks die toediening van onkruiddoders volgens die voorgeskrewe dosis. Hierdie kolle word jaarliks al groter en versprei verder in die land. Vroeë identifikasie maak bestuur eenvoudiger en goedkoper.

Probleemspesies wat reeds kop uitsteek

SKRAALHANS

Skraalhans (Conyza spp.), soos op Foto 1, bly een van die aggressiefste breëblaaronkruide in somergewasse. Sekere populasies toon reeds weerstand teen glifosaat en ALS-groepe. In die geval van Palmer-skraalhans is meervoudige weerstand internasionaal én plaaslik bevestig.

Wat die weerstandigheid wat in skraalhanse opbou so gevaarlik maak, is dat skraalhanse:

  • ’n Vinnige groeitempo het.
  • Ontkiem deur die jaar.
  • Baie hoë saadproduksie het.
  • Sterk mededinging het vir water en voeding.

Wanneer skraalhanse toegelaat word om saad te maak, bou die saadbank vinnig op. Om dié saadbank oor jare uit te roei, noodsaak ’n verhoogde onkruidbeheerprogram.

VAALSKRAALHANS

Die vaalskraalhans-spesie kom veral voor in minimumbewerkingstelsels. Dit versprei maklik deur saad wat deur die wind gedra word en word dikwels te laat gespuit. Glifosaat-weerstand is reeds in Suid-Afrika aangemeld. Groot plante is moeiliker beheerbaar, wat die oorlewing van sommige plante tot gevolg het en derhalwe weerstandige plante laat vermeerder.

KWEEKRAAIGRAS

Kweekraaigras (Lolium rigidum) is wêreldwyd berug vir sy vermoë om weerstand teen verskeie chemiegroepe te ontwikkel. In Suid-Afrika is weerstandigheid teen onder andere glifosaat reeds bevestig. Hierdie spesie kan verskillende weerstandmeganismes ontwikkel, wat dit besonder moeilik maak om chemies te bestuur.

KWEEKGRAS

Kweekgras (Cynodon dactylon), soos op Foto 2, bly ’n groot bestuursuitdaging omdat:

  • Dit ondergrondse risome het wat weens ondoeltreffende toedienings oorleef.
  • Vinnig hergroei ná versteuring.
  • Vegetatiewe verspreiding deur die ondergrondse risome voorkom. Onvoldoende bedekking of subletale dosisse skep oor tyd seleksiedruk, wat weerstandige plante laat vermeerder.
Foto 2: Die ondergrondse risome van kweekgras kan weens ondoeltreffende toedie­nings oorleef.
Foto: Martiens du Plessis
Foto 3: Kruisvinger in ’n mielie-ry.
Foto: Martiens du Plessis

ANDER ONKRUIDE:

Onkruide wat ook uitdagings inhou, maar wat nie nood­wendig weerstandigheid het nie, is:

Smalweëblaar/sleutelblaar
Smalweëblaar (Plantago lanceolata) is ’n wyd verspreide onkruid wat oorspronklik in weidings voorkom, maar ook in wintergraan en mielies kan versprei. Sekere populasies in Suid-Afrika het verhoogde verdraagsaamheid teen glifosaat getoon. Dit beteken dat standaard glifosaatprogramme wisselvallige beheer lewer.

Die relevansie van dié onkruid vir produsente lê in die volgende:

  • Die saad kan lank in die grondbank oorleef.
  • Onvolledige beheer kan vinnig tot ’n terugslag lei in die volgende seisoene.
  • Die integrasie van residuele onkruiddoders en konvensio­nele bewerkingspraktyke is nodig vir volhoubare beheer.

Soetgras
Soetgrasspesies (Digitaria spp.) kom wyd in mielie- en sonneblomlande, asook weidings, voor. In sommige lande is verhoogde glifosaatverdraagsaamheid aangemeld en produsente in Suid-Afrika meld dat beheer minder doeltreffend kan wees wanneer groeitoestande nie ideaal is nie.

Die beheer van soetgras bied uitdagings soos vinnige ontkie­ming in warm, vogtige toestande, situasies wat gewoonlik in die somerreënseisoen voorkom.

Wildehawer
Wildehawer (Avena fatua) is ’n graanagtige grasspesie wat dikwels in wintergraanlande voorkom en hoë kompetisie vir voeding (veral stikstof) toon. Alhoewel weerstandigheid nie wyd by wildehawer in Suid-Afrika aangemeld is nie, is ALS-weerstand by hierdie spesie elders (veral in Europa en Australië) gerapporteer. Dit beteken dat produsente wat ALS inhibeerders baie gebruik, vroeër of later soortgelyke weerstandigheid kan ervaar.

Praktiese riglyne

Hier is ’n paar praktiese riglyne om weerstandigheid te beperk:

  1. Wissel meganismes van werking – wissel chemiegroepe en nie net handelsname nie.
  2. Gebruik residuele voor-opkoms onkruiddoders om vroeë kompetisie te verminder.
  3. Spuit vroeg – klein onkruide is makliker beheerbaar.
  4. Voorkom saadset – plante wat oorleef, vererger toekomstige probleme.
  5. Integreer chemiese praktyke, wisselbou, meganiese beheer en dekgewasse.

Samevatting

  • Onkruidweerstandigheid is nie meer ’n toekomstige risiko nie – dit is reeds ’n realiteit in Suid-Afrikaanse rygewasse.
  • Die oplossing lê nie in sterker produkte of hoër dosisse nie, maar in slimmer programme.
  • Diversiteit in beheerstrategieë, tydige toediening en streng voorkoming van saadset is noodsaaklik.
  • Produsente wat nou proaktief optree, beskerm nie net hul huidige opbrengs nie, maar ook hul toekomstige beheeropsies.

Bronnelys

  1. Daly T, Ferreira KL, Reinhardt CF & Van der Merwe J, 2022. South African Journal of Plant and Soil, 39(4), pp. 1-8
  2. Ferreira KL, Reinhardt CF & Van der Merwe J, 2021. University of Pretoria Repository
  3. Heap I, 2024. The International Herbicide-Resistant Weed Database. Available at: www.weedscience.org
    Matshidze MM & Ndou V, 2023. South African Journal of Science, 119(5/6), pp. 1-8
  4. Sosnoskie LM et al. 2022. Weed Science, 70(5), pp. 1-9
  5. Venter Z, Mlangeni N & Busi R, 2025. SA Grain, September 2025
  6. Weed Science Society of America (WSSA), 2023. Herbicide resistance basics
Tags: Mei/Jun 2026
Previous Post

Intensiewe lamstelsels lok al meer belangstelling

Next Post

Geenbewerking wérk as dit reg toegepas word


Recommended

Intensiewe lamstelsels lok al meer belangstelling

11 May 2026
Landbou vandag

Landbou vandag

11 May 2026
Die sluipende gevaar van Fusarium-aarskroei

Die sluipende gevaar van Fusarium-aarskroei

11 May 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Intensiewe lamstelsels lok al meer belangstelling

11 May 2026
Landbou vandag

Landbou vandag

11 May 2026
Die sluipende gevaar van Fusarium-aarskroei

Die sluipende gevaar van Fusarium-aarskroei

11 May 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In