• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jul 28, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Dankie en tot weersiens

28 Jul 2026
in Dinamiese vennoot
Dankie en tot weersiens
Share on Facebook

Dinamiese vennoot

DIS ‘n Vrydagmiddag in die winter in Mbombela (Nelspruit). Ek het uiteindelik ‘n langnaweek ná ‘n paar besige weke as hardenuus-joernalis. Ek vat die pad met een van die pendeldiens Citybug se bussies na my tuis­dorp, Potchefstroom. Ons ry met die N4 deur Schoemanskloof. Dis groen en ruig, en ryp is hier ‘n onbekende konsep. Die Laeveld is ‘n gewilde vakansie­bestemming, bekend vir sy pragtige natuurskoon.

Ek is egter op pad na êrens mooier. Vir my, altans. Vanaf Machadodorp begin die pad om minder te kronkel tussen berge onderweg na die Hoëveld. Die spanning van die afgelope paar weke begin wyk soos wat die landskap platter word en ek ver­der as 300 m om ‘n draai kan sien. Belfast, Middelburg, eMalahleni  (Witbank) …

Ek word later wakker van ‘n slapie en droë mielies op die lande flits verby deur die bussie se vensters. Gereed om gestroop te word. Ek glimlag. Dis vir my mooi. Bekend. Ek sien goud, waar ander altyd net stof en vaal sien. Ons stop in Potch en ek het uiteindelik vrede. Ek is tuis.

Buiten Potch, het ek baie tyd in Coligny by my ouma en die familieplaas, Klipfontein, deurgebring. Ek het Noordwes as provinsie saam met my pa op sy werksuitstappies deurkruis en relatief goed leer ken. In 2016, ná bykans tien jaar in die Laeveld, het ek ‘n betrekking by die SABC op Mahikeng aanvaar. Dit was tyd om huis toe te kom.

Prediker 3 leer ons alles het sy vasgestelde tyd. Nou, ná tien jaar, is dit weer tyd vir my om te groet – Noordwes, Lichtenburg, NWK, asook Arena en sy lesers. Ná sewe jaar en vyf maande hier verhuis ek na Pretoria. My man wag reeds vir my daar sedert hy op 1 Februarie ‘n gulde loopbaangeleent­heid daar aangegryp het.

Die trane loop met die skryf van hierdie rubriek. Dis nie ‘n maklike totsiens nie. Ek sluit ‘n hoofstuk af wat vir my geweldige vreugde en vervulling verskaf het. Elke produsent waaroor ek geskryf het – julle het my met ope arms verwelkom en my geïnspireer met julle verhale oor liefde vir boer, innovasie en vasbyt.

Sommige van julle was besonder kwesbaar en openhartig tydens ons onderhoude, met stemme wat kraak en oë wat met trane opdam wanneer julle van Sy onbeskryflike groot genade vertel. Ek dink nie ek het een boer ontmoet wat nie groot ontsag vir ons Hemelse Vader het nie. Baie dankie dat julle my in julle vertroue geneem en julle asemrowende stories met my gedeel het. Wat ‘n voorreg!

Ook aan elke leser van hierdie rubriek – baie dankie dat ek my ervarings, alledaagse lief en leed en spesiale oomblikke met julle kon deel.

Mag Arena, met sy ryke geskiedenis van 58 jaar, sy lesers vir nog baie de­kades ingelig hou en motiveer om vas te byt soos net die mense van hier­die geweste kán! Voorspoed!

Tags: Jul/Aug 2026
Previous Post

NWK-wins daal weens strawwe handelstoestande

Next Post

Arena-redakteur neem afskeid

Recommended

Volhoubaarheid begin by jou plaashek

Volhoubaarheid begin by jou plaashek

28 Jul 2026
Bewaringsnuus

Bewaringsnuus

28 Jul 2026
Leerlinge kry ‘n akademiese hupstoote hupstoot

Leerlinge kry ‘n akademiese hupstoote hupstoot

28 Jul 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Volhoubaarheid begin by jou plaashek

Volhoubaarheid begin by jou plaashek

28 Jul 2026
Bewaringsnuus

Bewaringsnuus

28 Jul 2026
Leerlinge kry ‘n akademiese hupstoote hupstoot

Leerlinge kry ‘n akademiese hupstoote hupstoot

28 Jul 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In