• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jul 28, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Ysters vir Landbou gaan weer voluit vir landelike veiligheid

Mediaverklaring

28 Jul 2026
in Dinamiese vennoot
Ysters vir Landbou gaan weer voluit vir landelike veiligheid

NWK het met die eerste Ysters vir Landbou-inisiatief in 2025 ‘n bedrag van R1 miljoen ingesamel vir landelike veiligheid. Tydens ‘n geselligheid by NWK se opleidingsentrum in Lichtenburg in Februarie 2026 is ‘n denkbeeldige tjek van R1 miljoen aan Agri Securitas oorhandig. Pieter Kleingeld (groephoof- uitvoerende beampte van NWK), Jason Kümm (landelike veligheidsbeampte by Agri Securitas), Cobus van Zyl (voorsitter van Agri Securitas), Alf White, (groephoof- finansiële beampte van NWK) en Pieter Jansen van Vuuren (voorsitter van NWK se direksie)
met die denkbeeldige tjek.

Share on Facebook

Dinamiese vennoot

Na die sukses van die eerste Ysters vir Landbou-inisiatief, waartydens R1 miljoen vir landelike veiligheid ingesamel is, beoog NWK se ystermanne- en vroue om vanjaar ‘n nog groter verskil te maak. Besighede, boereverenigings, gemeenskaps-
organisasies en individue word uitgenooi om hul kant te bring en deel van die inisiatief te word.

Die veldtog bereik op 22 November ‘n hoogtepunt tydens die ISUZU IRONMAN 70.3 Mosselbaai, terwyl fondse vir Agri Securitas – Agri SA se landelike veiligheidsfonds – ingesamel word. Duisende produsente, landbouwerkers en hul gesinne het reeds baat gevind by projekte wat deur dié trustfonds ondersteun word. Hierdie projekte rus landbougemeenskappe toe met voorkomende veiligheidsmaatreëls en -infrastruktuur asook traumaberading.

“Die Ysters vir Landbou-inisiatief wys wat moontlik is wanneer mense en organisasies vir ‘n gemeenskaplike doel saamwerk,” sê Alf White, Groephoof- Finansiële Beampte van NWK en inisieerder van die projek. “Dit bevorder nie net gesonde leefstyle en spanwerk nie, maar dra ook direk by tot veiliger landelike gemeenskappe regoor Suid-Afrika.”

Raak só betrokke

Deelnemers kan as individuele atlete of as deel van ‘n aflosspan aan die IRONMAN 70.3 Mosselbaai deelneem. Die wedren bestaan uit ‘n swemafstand van 1,9 km, ‘n fietsrit van 90 km en ‘n hardlooproete van 21,1 km deur die asemrowende natuurskoon van Mosselbaai en die Tuinroete.

NWK het reeds inskrywings vir 20 aflosspanne en tien individuele deelnemers vir die 2026-byeenkoms aangekoop. Deelnemers wat van NWK se vooraf aangekoopte inskrywings gebruik maak en onder NWK se naam deelneem, verbind hul daartoe om minstens dubbel die waarde van die inskrywingsfooi in te samel. Deelnemers wat onder ‘n ander entiteit wil deelneem, kan hul inskrywings by NWK aankoop, maar hul eie fondsinsamelingsdoelwitte bepaal.

Deelname is egter nie beperk tot swem, fietsry of hardloop nie. Ondersteun die inisiatief ook deur:

  • fondse deur die GivenGain-platform in te samel;
  • deelnemers of spanne deur die GivenGain-platform te borg;
  • ‘n direkte donasie aan Agri Securitas te maak; of
  • bewusmakings- en fondsinsamelingsinisiatiewe te ondersteun.

Agri Securitas is ‘n geregistreerde openbare weldaadsorganisasie wat goedgekeur is om artikel 18A-kwitansies vir kwalifiserende donasies uit te reik. Kwalifiserende donasies kan, onderhewig aan SARS se vereistes en toepaslike belastingwetgewing, vir ‘n belastingaftrekking in aanmerking kom.

Ysters vir Landbou bring persoonlike welstand, spanwerk en gemeenskapsbetrokkenheid saam ter ondersteuning van een van die belangrikste sake in Suid-Afrikaanse landbou – landelike veiligheid. Met groeiende belangstelling uit die landbouwaardeketting glo NWK dat vanjaar se inisiatief die potensiaal het om ‘n nog groter bydrae tot veiliger landelike gemeenskappe te lewer.

 KONTAKBESONDERHEDE

  • Vir meer inligting oor deelname, fondsinsameling of borgskapgeleenthede, kontak Jacques de Wet, NWK se bemarkingsbestuurder, by +27 18 633 1193 of per e-pos by jdewet@nwk.co.za.
  • Rig enige medianavrae aan Johan Bezuidenhout, groepbestuurder Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie, by +27 18 633 1368 of e-pos: jbezuidenhout@nwk.co.za.
Tags: Jul/Aug 2026
Previous Post

Volhoubaarheid begin by jou plaashek

Next Post

Female farmer rises from the ashes
to inspire others

Recommended

You are worth more than the title

You are worth more than the title

28 Jul 2026
Boer beter saam met NWK Adviesdienste

Boer beter saam met NWK Adviesdienste

28 Jul 2026
Vroeë sonneblom kan marges beskerm

Vroeë sonneblom kan marges beskerm

28 Jul 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

You are worth more than the title

You are worth more than the title

28 Jul 2026
Boer beter saam met NWK Adviesdienste

Boer beter saam met NWK Adviesdienste

28 Jul 2026
Vroeë sonneblom kan marges beskerm

Vroeë sonneblom kan marges beskerm

28 Jul 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In