• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, Jul 30, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Bestuur landbourisiko’s volgens weerstoestande

Kyle Taylor, Agronoom

29 Jul 2026
in Tegniek
Bestuur landbourisiko’s volgens weerstoestande

Figuur 1: ENSO-fases beïnvloed wêreldwye reënval- en temperatuurpatrone. Die ge­biede van warmer teenoor koeler see-oppervlaktetemperature draai om tussen El Niño en La Niña, wat ook die gebiede van vogtige stygende lug en wolkvorming, teenoor dalende droë lug, omdraai. Bron: NOAA ENSO Updates.

Share on Facebook

Die doel van klimaat-analise is nie om die komende seisoen presies te probeer voorspel nie, maar om historiesetendense, klimaatsiklusse en vorige soortgelyke seisoene te gebruik om meer ingeligte bestuurs-
besluite te neem. Die klimaatrisiko bly vir produsente een van die grootste faktore wat hul opbrengs, winsgewendheid, insetbesluite en langtermynvolhoubaarheid beïnvloed.

GEWASPRODUSENTE in groot dele van Suid-Afrika se somerreënvalgebiede het die afgelope paar seisoene uitstekende reënval gekry. Profielvog was oor die algemeen goed, damvlakke het her­stel en opbrengste was in baie gebiede gemiddeld tot bogemiddeld. Met ‘n sogenaamde super El Niño wat wink, wonder produsente wat die komende somer inhou.

Die uitdaging is dat weerstoestande nooit met sekerheid voorspel kan word nie. Langtermynkli-
maatstelsels soos El Niño en La Niña beïnvloed wel die reënvalpatrone, maar geen seisoen verloop ooit presies soos ‘n vorige jaar nie. Produsente wat moeilike jare suksesvol deurstaan, is nie dié met die hoogste potensiaal nie, maar eerder dié wat risiko’s betyds en verstandig bestuur.

Die klimaatstelsel wat produsente beïnvloed

Een van die belangrikste globale klimaatstelsels wat die somerreënval beïnvloed, is die El Niño Suidelike Ossilasie (ENSO)-siklus. ENSO bestaan hoofsaaklik uit drie fases: El Niño, La Niña en ‘n neutrale fase.

Die see-oppervlaktetemperature in die Stille Oseaan beïnvloed hierdie fases, lugdrukpatrone, vogvloei en reënval wêreldwyd. ENSO is wel nie die enigste faktor wat die klimaat beïnvloed nie, maar volgens historiese data speel dit ‘n groot rol in somerreënvalpatrone.

WAT GEBEUR GEWOONLIK TYDENS EL NIÑO?

El Niño word gewoonlik geassosieer met warmer toestande, laer reënval, hittegolwe en ‘n groter droogterisiko oor groot dele van Suid-Afrika se sentrale en oostelike somerreënvalgebiede.

In praktyk beteken dit dat produsente meer gereeld met laer grondvog, moeiliker planttoestande, ‘n korter plantvenster, vogstres tydens belangrike stadiums en ‘n groter produksierisiko gekonfron-
teer word. Dit beteken nie dat elke El Niño-jaar noodwendig droog sal wees nie. Plaaslike weer-
stelsels, weerverandering, streekspesifieke toestande en die tydsberekening van reën speel steeds n baie groot rol.

DIE INVLOED VAN LA NIÑA

‘n Sterk La Niña-fase het groot dele van die somerreënvalgebied die afgelope paar seisoene be­voordeel. La Niña word oor die algemeen verbind met beter reënval, koeler toestande, meer grondvog en gunstiger produksietoestande.

Baie produsente het goeie ondergrondse vog opgebou, asook sterk vegetatiewe groei en beter opbrengspotensiaal ervaar. Tog bring nat jare ook hul eie uitdagings. Versuiping, erosie, verhoogde siektedruk, moeiliker onkruidbeheer, ongunstige spuitvensters, uitdagings tydens stroop en logi­stieke probleme kan alles groter uitdagings word wanneer die reënval aanhoudend of swak versprei is.

Wat maak die komende seisoen anders?

Verskeie internasionale klimaatagentskappe voor-spel dat sterk El Niño-toestande gaan heers. Dit beteken vir produsente dat bestuursbesluite belangriker raak, risiko’s beter versprei moet word en buigsaamheid noodsaaklik bly.

As ‘n mens na historiese weerdata van vorige neutrale of oorgangsjare kyk, kom sekere patrone gereeld na vore.

  • Reënval raak dan meer wisselvallig. In plaas van konstante opvolgreën, kom meer geïsoleerde buie voor.
  • Langer droë tydperke (midsomer-droogtes) kan ook tussen reënbuie ontwikkel en hitteperiodes kan meer intens wees. Hierdie wisselvalligheid beïnvloed opkoms, vroeë wortelontwikkeling, voedingstofopname en onkruidbeheer.
  • Hittegolwe raak ook belangriker tydens El Niño-toestande, aangesien kort maar intense hitteperiodes meer gereeld kan voorkom en dit ‘n reuse uitwerking op die plant het, veral tydens sekere belangrike groeista­diums. Hoë temperature beïnvloed onder meer bestui­wing, vogverlies, evapotranspi­rasie en algehele plantgesondheid. Hitte kan veral tydens blom, bestuiwing en pitvulling ‘n groot opbrengsimpak hê.
  • Grondvog bly een van die belangrikste faktore tydens wisselvallige seisoene. Baie produsente beskik tans oor relatief goeie grondvog ná gemiddelde tot bogemiddelde reënval oor die afgelope paar jaar, maar goeie grondvog alleen waarborg nie ‘n suksesvolle seisoen nie. Wanneer opvolgreën laat kom, oneweredig versprei of temperature hoog raak, kan beskikbare vog vinnig uitgeput word. Produsente wat grondvog beter bewaar deur residuebestuur, minimumbewerking en ‘n beter grondstruktuur, is gewoonlik in ‘n beter posisie tydens wisselvallige
  • Plantdatum raak ook belangriker. Te vroeë plantings kan kouestres, swak opkoms of vogtekorte veroorsaak, terwyl te laat plantings weer ‘n hitterisiko tydens die reprodu-
    ktiewe fases inhou, asook vogstres later in die seisoen, wat ‘n negatiewe invloed op die gewasopbrengs het.
  • Die klimaat beïnvloed nie net die opbrengs nie, maar ook siekte- en plaagdruk, asook onkruidgroei. Nat seisoene bevoordeel dikwels Sclerotinia, roes en hoër onkruiddruk. Hoewel droër jare soms siektes verminder, kan dit hitte-, droogte- en chemiese stres, asook swak voedingstofopname, veroorsaak. Hierdie dinamika maak geïntegreerde bestuur nóg belangriker.

Finansiële bestuur is uiters belangrik tydens onseker klimaatstoestande. Vorige klimaatsiklusse wys dat aggressiewe insetstrategieë nie altyd die beste oplossing is nie. In meer onseker jare fokus suksesvolle produsente eerder op risikoverspreiding, kontantvloei, insetdoeltreffendheid en algehele bestuursdoeltreffendheid. Die doel is nie noodwendig om elke jaar opbrengste te jaag nie, maar om langtermynwinsgewendheid en volhoubaarheid te beskerm.

PRAKTIESE WENKE

Produsente kan die volgende prakties doen in die komende somerseisoen:

  • Langtermyn-klimaatsverslae gereeld dophou en monitor.
  • Grondvogbewaring sover moontlik toepas.
  • Plantdatums versprei om risiko te verminder.
  • Kultivars met verskillende groeiklasse plant om belangrike groeistadiums oor ‘n langer tydperk te versprei.
  • Onnodige insetrisiko’s vermy.
  • Vir beide nat en droë scenario’s beplan.

Buigsame spuitprogramme, gereelde grondvogmonitering en goeie residue- en grondbestuur kan produsente help om vinniger en meer prakties op veranderende toestande te reageer.

Samevatting

Geskiedenis wys dat produsente wat voorbereid bly, risiko’s bestuur en bestuursbe­sluite op feite eerder as op emosie baseer, gewoonlik makliker deur wisselvallige sei­soene kom.

Die komende somerseisoen kan moontlik meer wisselvalligheid inhou as die afgelope paar jaar. Dit beteken nie noodwendig ‘n swak seisoen nie, maar dat aanpasbaarheid, deeglike beplanning en praktiese bestuursbesluite waarskynlik nóg belangriker gaan wees. Hoewel klimaatstoestande voortdurend verander, bly goeie agronomiese beginsels en deeglike beplanning steeds die kern van volhoubare produksie.

Bronnelys

  1. Agbiz, Agricultural climate and production commentary. Pretoria: Agbiz
  2. Agricultural Research Council (ARC), 2025. Climate and crop production resources. Pretoria: ARC
  3. AgriView, 2025. Climate risk and El Niño production articles. Available at: https://www.agco.za [Accessed 28 May 2026]
  4. Grain SA, 2025. Climate outlooks and seasonal production articles. Grain SA
  5. National Oceanic and Atmospheric Administration (NOAA), 2025. ENSO updates and climate monitoring. Available at: https://www.noaa.gov [Accessed 28 May 2026]
  6. South African Weather Service (SAWS), 2025. Seasonal climate watch reports and seasonal forecasts. SAWS. Pretoria. Available at: https://www.weathersa.co.za [Accessed 28 May 2026]
  7. World Meteorological Organisation (WMO), 2025. El Niño/La Niña WMO. Geneva. Available at: https://public.wmo.int [Accessed 28 May 2026]
Tags: Jul/Aug 2026
Previous Post

Verminder spuitkoste met hommeltuie

Next Post

Wildboerdery: Vereistes vir die regte weidingsbestuur

Recommended

Elke boerdery het ‘n filosofie

Elke boerdery het ‘n filosofie

29 Jul 2026
Landbou vandag

Landbou vandag

29 Jul 2026
Optimise fertiliser use with soil nutrients

Optimise fertiliser use with soil nutrients

29 Jul 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Elke boerdery het ‘n filosofie

Elke boerdery het ‘n filosofie

29 Jul 2026
Landbou vandag

Landbou vandag

29 Jul 2026
Optimise fertiliser use with soil nutrients

Optimise fertiliser use with soil nutrients

29 Jul 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In