• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Wed, Jul 29, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Landbou vandag

29 Jul 2026
in Tegniek
Landbou vandag
Share on Facebook

Onkruidbeheer ná stroop van mielies

Die weervoorspellers voorspel die moontlikheid van ‘n sogenaamde super El Niño. Die implikasie hiervan is die waarskynlikheid van ‘n redelike droë somerseisoen. “Gelukkig het genoegsame herfsreën voorgekom, wat veroorsaak het dat die grondprofiele oor die algemeen vol oordragvog vir die volgende seisoen is,” sê Eric Louw, bestuurder: Presisieboerdery by AgTech@NWK.

Uitmuntende onkruidbeheer is nou van die uiterste belang om die laat herfs- en winterreën in die grond te bewaar. Eric se raad is om winteronkruidbetyds te beheer. “Oorgedraagde vog lewer ‘n groot bydrae tot die nuwe seisoen se gewaspotensiaal en winteronkruid benut dit met oorgawe. Oorhoofse bespuitings oor die ongestroopte gewasse is ‘n goeie praktyk om winteronkruid te neutraliseer.”

Onkruide is ongewenste plante wat, net soos enige gewas, gebruik maak van vog, voedingstowwe en sonlig. Derhalwe is dit in direkte kompetisie met die aangeplante gewasse vir dié hulpbronne. Terwyl laasge­noemde kompetisie groot kommer kan veroorsaak, kan onkruide ook ‘n allelopatiese uitwerking op gewasse hê (gewoonlik chemiese onderdrukking deur die onkruid teenoor die aangeplante gewas).

5 WENKE VIR DIE BEHEER VAN WINTERONKRUID

Verseker dat die volgende nagekom word vir die beste beheer van winteronkruid.

  1. Jonger onkruide moet tydig beheer word.
  2. Identifiseer die onkruide korrek en gebruik die toepaslike
  3. Beplanning moet in plek wees en onkruiddoders met ‘n residuele uitwerking moet in gedagte gehou word om opvolggewasse nie te hinder nie.
  4. Kry ’n toepaslike manier van toediening, bv. ’n hommeltuig, om doeltreffende beheer toe te pas.
  5. Evalueer die onkruide ná ’n tydperk om doeltreffendheid vas te stel.

Veeprodusente, neem kennis

Die laat winterperiode word dikwels deur voertekorte gekenmerk. Oesreste wat uitgeput raak en spaarveld, indien beskikbaar, is al wat oorbly. Vleikampe hergroei vroeg in die lente en kan ‘n uitkoms bied. Pieter le Roux, hoof vee- en weidingkundige by NWK, beantwoord ‘n paar vrae hieroor.

  1. Waarom is ‘n winterlek noodsaaklik?
    Winterweiding (oesreste ingesluit) is laag in ruproteïen. Die ruproteïen in winterlek word hoofsaaklik deur ureum (of NPN) voorsien, wat die herkouer in staat stel om laegraadse ruvoer (soos winterweiding) beter te benut. Dit vind plaas deur die vinnige omset van miljoene rumenmikrobes wat as “mikrobeproteïen” na die laer spysverteringskanaal vloei en daar deur die dier as proteïen opgeneem word. Dit is belangrik om vol te hou met ‘n winterlek totdat die mis begin “los” raak – ‘n aanduiding dat daar genoeg proteïenryke groen materiaal in die weidings voorkom. Maak seker die korrekte lekbakbestuur is deurgaans in plek.
  2. Is ‘n winterlek ‘n móét?
    Dit is raadsaam om diere wat op oesreste loop ten minste van ‘n winterlek te voorsien. Indien daar heelwat benutbare graan op die lande agtergebly het, behoort die aanvul-lings egter ook ‘n buffer te bevat, byvoorbeeld “Landelek” van Voermol. Tuisgemengde lekke kan met buffers soos voerkalk of koeksoda aangevul word om te help om suur­pens (asidose) te voorkom.
  3. En ‘n produksielek?
    Diere met hoër voedingsbehoeftes, soos verse of koeie wat laat gekalf het en nog soog, kan ‘n produksielek ontvang om kondisie te behou of te verbeter. ‘n Algemene riglyn vir die meng van ‘n produksielek is die normale winterlek wat 50/50 met mieliemeel of chop gemeng word. Voer teen dubbel die aanbeveling van ‘n winterlek
    (dus 0,8 kg tot 1 kg per koei per dag).
  4. Wanneer moet tannien-binders gebruik word?
    Die gebruik van tannien-binders (soos “Browse Plus”) in diere se winterlek of drinkwater verhoog herkouers se vermoë om laegraadse ruvoer (beide gras en bos) in te neem en te verteer.
  5. Wat is belangrik vir dragtige diere?
    Maak seker dat dragtige droë diere toegang tot genoeg weiding en voldoende lek het. Hulle moet teen dektyd op ‘n kondisiepunt van 3 tot 3,5 uit 5 wees. Dit is baie moeilik en duur om hul kondisie te verbeter in die eerste drie maande van laktasie – sorg dus dat hulle by die regte kondisiepunt kalf.

Wees paraat teen brande

Die bestryding van veldbrande begin maande voor die brandseisoen. Al doen jy ook jou brandvoor-
koming hóé goed, ’n vuur kan steeds ontstaan. As ‘n mens in gedagte hou dat eiendoms- en wei­dingsverliese miljoene rande kan beloop as gevolg van ‘n brand, is die aanvanklike uitgawe om die nodige brandbestrydings- en veiligheidstoerus­ting aan te skaf beslis die moeite werd.

Hier is ‘n paar ander wenke om in gedagte te hou vir die “brandseisoen”:

  • Gaan alle brandtoerusting gereeld ná en diens dit jaarliks.
  • Rus strukture en voertuie toe met brand­toerusting, rookverklikkers en -alarms.
  • Hou gras kort, snoei laerliggende takke en verwyder dooie bome, takke en blare.
  • Hou trekkers, voertuie en implemente skoon van stof en graanreste.
  • Identifiseer risiko’s en beraam gebeurlikheidsplanne om gevolge te beperk.
  • Hou jou diere veilig.
  • Bly in die “swart”, met ander woorde, beweeg op plekke wat reeds gebrand het.
  • As jy vasgekeer word, gebruik jou kommunikasienetwerk om ander mense van jou ligging te verwittig.
  • Dra jou N95-masker.
  • Drink baie water.

Bronnelys
Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (dffe.gov.za)
https://www.artikels.afriforum.co.za/

Meet a member of the AgTech team

Klaston Sefiti (30) is an agronomist with a Master of Science (MSc) degree in soil science. He was born and bred in Burgersfort, Limpopo. His mother gave each of her children a plot in the garden to plant vegetables. Klaston’s white maize, sorghum and dry beans outperformed his siblings, motivating him to consider agriculture as a field of study.

  1. What does your job entail?
    I work as a manager of the Developing Farmers Project. It has 18 farmers who are developing to become commercial farmers. My job (in short) is to guide and advise them on the best conservation cultivation practices and best agronomic practices that will improve their yields and make them sustainable.
  2. What is the best part of your job?
    It fills my heart with joy to see the farmers harvesting good yields
    after following each piece of advice we shared with them.
  3. What do you hope to achieve in this position?
    I hope to see more farmers becoming commercial farmers who are sustainable and producing consistent yields.
Klaston received the award as the best new entrant in the 2025
author’s competition. 
Tags: Jul/Aug 2026
Previous Post

Optimise fertiliser use with soil nutrients

Next Post

Elke boerdery het ‘n filosofie

Recommended

Elke boerdery het ‘n filosofie

Elke boerdery het ‘n filosofie

29 Jul 2026
Landbou vandag

Landbou vandag

29 Jul 2026
Optimise fertiliser use with soil nutrients

Optimise fertiliser use with soil nutrients

29 Jul 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Elke boerdery het ‘n filosofie

Elke boerdery het ‘n filosofie

29 Jul 2026
Landbou vandag

Landbou vandag

29 Jul 2026
Optimise fertiliser use with soil nutrients

Optimise fertiliser use with soil nutrients

29 Jul 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In