• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Sep 22, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Buitelewe

Bewaringsnuus

22 Sep 2026
in Buitelewe
Bewaringsnuus

Nasionale Uilbewustheidsdag is op 4 Augustus gevier. Dié gevlekte ooruil (Bubo africanus) is deur Jolandé Schneider
afgeneem in die Kirstenbosch Botaniese Tuine in Kaapstad.

Share on Facebook

UILE BESOEK WESIES

Die dak van die Owl Rescue Centre in die Hartbeespoort-omgewing se kliniek het ’n gat in as gevolg van stormskade. Brendan en Danelle Murray, eienaars en stigterslede van die sentrum, huisves gereeld wees-uiltjies in die kliniek waar hulle versorg word. Soms besoek wilde inwonende uile die babas wat roep.

‘N DONSIGE NUWELING

’n Splinternuwe donsige familielid van VulPro, die nie-winsgewende aasvoëlbewaringsorganisasie in die Hartbeespoort-omgewing. Kyk net na die oor­groot snawel, nuuskierige ogies en pootjies wat duidelik nog nie heeltemal uitgewerk het waarvoor hulle bedoel is nie.

NUUS UIT “DONKIELAND”

‘n Nuwe tuiste: Dit is nie altyd mishandelde donkies wat ’n veilige tuiste vind by Rest Ur Ass Donkey Sanctuary in Roodepoort nie. Meraai, Maggy en Tommy se eienaars het besef die omgewing waar hulle bly raak onveilig vir hulle en het die sentrum gevra om hulle in te neem.

Meraai en Maggy
Tommy

Nederlandse engel bring besoek: Die Stichting Wings For Animals, ’n diere­welsynsorganisasie in Nederland, het ’n skenking van tetanus-, griep- en hondsdolheid-inentings geborg en persoonlik afgelewer by Rest Ur Ass Donkey Sanctuary. Dit beteken dat 300 “wonderlike dinge” beskerm is teen hierdie siektes.

VERKLEURMANNETJIE PAS FLINK AAN

Die Reptile and Wildlife Rescue (RAWR)-organisasie het dié klein Flapnekverkleur­mannetjie gekry wat hul hulp nodig gehad het. Hy is ingeboek by sy luukse akkommodasie in ’n tydelike terrarium, toegerus met takke, klippe en baie blaarryke wegkruipplekke. Hy het kort daarna begin smul aan waterdruppels op die takke en ’n kriek veror­ber. Hy sal ná sy herstel weer in die natuur vrygelaat word.

Tags: Sep/Okt 2026
Previous Post

Laubstar Fleet Services: betroubare vervoervennoot

Next Post

Uithaler-boer is waar hy moet wees

Recommended

‘n Onseker seisoen vereis slim beplanning  oor gewasse

‘n Onseker seisoen vereis slim beplanning
oor gewasse

22 Sep 2026
Uit die hart van ‘n graanhandelaar

Uit die hart van ‘n graanhandelaar

22 Sep 2026
Women‘s contributions take centre stage

Women‘s contributions take centre stage

22 Sep 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

‘n Onseker seisoen vereis slim beplanning  oor gewasse

‘n Onseker seisoen vereis slim beplanning
oor gewasse

22 Sep 2026
Uit die hart van ‘n graanhandelaar

Uit die hart van ‘n graanhandelaar

22 Sep 2026
Women‘s contributions take centre stage

Women‘s contributions take centre stage

22 Sep 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In