NWK het 2020 op ’n positiewe noot afgesluit deur produsente in die brandgeteisterde Boshof en Hertzogville in die Vrystaat by te staan. ’n Skenking van 33 ton melassemeel ter waarde van sowat R109 000 is hier afgelaai.
’n Totaal van 575 sakke is onder produsente in Boshof versprei en 250 sakke in Hertzogville. Boeta de Waal, voorsitter van Boshof Agri, het NWK vir dié skenking bedank. “Die boeregemeenskap is oorweldig deur die vrygewigheid van die publiek en bedank almal wat hul harte oopgemaak het om produsente en die gemeenskap wat deur die brande geraak is, te help.”
NWK bedank ook graag die verskaffer Voermol Feeds SA wat die projek ondersteun het.