Op 15 Desember het NWK die opbrengste van sy twee rolbalaande wat in November 2020 gehou is, aan SAVF Lichthuis oorhandig. Inwoners kon danksy hierdie gebaar van die personeel in die feestyd smul aan koekies, sjokolade, toffies en ander bederfies. Daar is ook toiletware ingesamel en oorhandig.
Die personeel van NWK speel elke jaar ten bate van liefdadigheid rolbal en moet dan nie-bederfbare items as “toegangsfooi” saambring. Gewoonlik is die Lichies Omgee-projek die begunstigde, maar aangesien hulle in 2020 by die opbrengste van NWK se jaarlikse Grip4Charity gebaat het is besluit om dié items tot voordeel van bejaardes aan te wend.