• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, May 15, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Draai nóú briek aan om te spaar

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

12 Jan 2022
in Dinamiese vennoot
Nicolene Smalman
Share on Facebook

Dinamiese vennoot

Ek is nie een vir Nuwejaarsvoornemens nie. Dit skep net ‘n teelaarde vir teleurstelling as ek teen Desember terugkyk en besef ek het min tot niks daarvan bereik nie. Ek het wel twéé vir 2022: Om eiendom te koop en te spaar.

Die bohaai rondom Shell wat seismiese toetse by die Wildekus wil doen, op soek na olie en gas, het my tot selfondersoek gedwing. Afgesien van die moontlike impak op walvisse en hul bewegings, stem ek saam met die oorhoofse argument van omgewingsbewustes dat ons eerder op meer volhoubare alternatiewe vir energie moet fokus.

Die skrif is aan die muur wat aardverwarming betref en elkeen sal sy deel móét doen om sy koolstofvoetspoor te verklein.

Koop jy bloot elke keer ‘n nuwe plastieksak wanneer jy inkopies doen, terwyl daar alreeds tien van hulle in ‘n laai in jou kombuis lê? Hoeveel keer gooi jy gemufte Cheddarkaas weg, bloot omdat jy te lui was om dit te rasper en te vries? Maak gerus ‘n pizza met daardie stukkies roerbraai wat van gisteraand se ete oorgebly het. Aan diegene wat hul neuse optrek vir oorskietkos wat in ‘n mikrogolfoond verhit word, wil ek net sê: Julle gaan eendag swaar trek in Pollsmoor-gevangenis!

Het jy al gesien hoeveel water ‘n emmer langs jou in die stort opvang? Teen die einde van die week het jy genoeg om al die beddings nat te maak én ‘n voertuig te was.

Hierdie een is gemik op my kollegas hier by NWK se hoofkantoor: Sit gerus die lig af wanneer jy jou kantoor tydens jou etensuur verlaat. Wanneer daar alreeds ‘n ketel in die kombuis prut, moenie ‘n tweede een aanskakel nie. Druk ‘n dokument aan weerskante van ‘n bladsy, in swart en wit. Bietjie-bietjie maak meer.

Die kosteknyptang wurg nie net produsente nie, maar elke verbruiker. Deur jou verbruikerspatrone aan te pas met die omgewing in gedagte, spaar jy noodwendig geld.

Jy hoef nie te wag vir ‘n nuwe jaar om ‘n nuwe blaadjie om te slaan nie, maar daar is nie ‘n beter tyd as 2022, met nóg stygings in brandstof- en elektrisiteitspryse op die horison, om briek aan te draai nie.

Tags: Jan/Feb 2022
Previous Post

Langasems by NWK vereer

Next Post

Sorg dat jou nalatenskap iets beteken

Recommended

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In