• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, May 15, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Kokkedoor toor met woorde en bestanddele

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

21 Aug 2023
in Dinamiese vennoot
Kokkedoor toor met woorde en bestanddele

Marinda Engelbrecht van Kokkedoor-faam (regs) was die gasspreker by NWK se Damesdag. Hier is sy saam met Suretha Gilliland van Lichtenburg met ‘n beurtkrag-swartwoudpoeding.

Share on Facebook

Dinamiese vennoot

Marinda Engelbrecht, wat in 2014 bekendheid verwerf het as ‘n finalis in die kookprogram, Kokkedoor, het NWK se jaarlikse damesoggend die afgelope Saterdag toegespreek.

Die Damesdag is by NWK se opleidingsentrum aangebied en bygewoon deur 170 vroue – NWK-personeel en lede van Noordwes se Vrouelandbou-unie.

Haar kosmaakdemonstrasie is voorafgegaan deur ‘n praatjie met die tema, “My melk kook oor”, waarin sy nuttige wenke gedeel het oor hoe om tyd doeltreffend te bestuur. “Tyd vlieg, maar jy is die vlieënier.”

Die meeste vroue en kokke ken daardie gevoel wanneer jy ‘n pot melk op die stoof het, jou rug vir ‘n oomblik draai en dit dan oorkook of aanbrand. “Of jy kry ‘n dag op kantoor wanneer jy eenvoudig nie weet hoe jy alles betyds gaan klaarkry nie. In ons gejaagde lewens waar alles so vinnig as moontlik gedoen moet word om voor te bly, is ons stelselmatig besig om in opwenpoppe te verander, waarvan die veer al stywer trek,” het Marinda begin.

“As vrou het die meeste van ons soveel mense en dinge waarvoor ons moet omgee – jou lewensmaat, kinders en kleinkinders, jou ouers en skoonouers, vriendinne, jou werk en jou voorkoms.”

Die tafels was in vrolike kleure gedek – spesiaal vir die naderende lente.

Marinda is nie ‘n voorstaander van sogenaamde multi tasking nie en meen dit maak jou minder doeltreffend deurdat jy in elk geval alles half doen. “Die goeie nuus is, sou jou melk oorkook, daar altyd ‘n lap is waarmee jy dit kan skoonmaak. Ons kan regmaak as ons fouteer het. Ons moet egter planne in plek hê om te verhoed dat die melk oorkook.”

Om te keer dat letterlike melk oorkook, beveel Marinda aan dat jy ‘n bietjie water onder in die pot gooi en dan die melk byvoeg; ‘n bietjie botter om die boonste rand van die pot smeer en dan die melk ingooi; of ‘n houtlepel oor die middel van die pot se bokant plaas.

Hoe hou ons egter al die spreekwoordelike balle in die lug en keer dat dit alles tegelyk op ons neerval?

1. Bestuur jou tyd deur doelwitte vir elke week te stel

  • Stel drie of vier van jou belangrikste doelwitte vir die week en vir elke dag.
  • Sit 20 minute opsy om jou daaglikse en weeklikse skedule ten opsigte van jou doelwitte, take en afsprake te bepaal.
  • Sit dit op skrif – om alles te onthou, is ‘n uitdaging wat selfs die mees briljante onder ons ontwyk.
  • Onthou – as jy nie ‘n plan het nie, gaan jou kalender jou beheer.

2. Doen dinge al die vorige aand

  • Elke minuut in die oggend is goud werd. Pak dus kosblikke en skooltasse en sit kinders se klere die vorige aand reg.

3. Vestig ‘n roetine

  • ‘n Daaglikse roetine verseker dat jy elke dag tyd het vir dit wat regtig saak maak – jou lewensmaat, kinders of aktiwiteite wat vir jou belangrik is.

4. Maak “me time” ‘n prioriteit

  • As jy ‘n meer gebalanseerde lewe wil hê, moet jy tyd maak vir dinge soos oefening, vriende en jou belangstellings soos naaldwerk. Dit maak jou tenk vol sodat jy vir ander dinge kans sien.
  • Maak jou gedurende hierdie tyd los van die internet en sosiale media en probeer om nie oor werk te gesels nie.
  • Maak jou familietyd, heilige tyd. Geen geld of sukses kan die plek van familie en tyd saam met hulle, inneem nie.

5. Word soggens vroeër wakker

  • As jy werklik onder druk is, dan is dit ‘n goeie idee om soggens ‘n bietjie vroeër op te staan – jy is dan dalk juis op jou produktiefste.

6. Leer om nee te sê

  • Jy hoef nie uit die staanspoor nee te sê nie, maar onderneem dat jy eers jou dagboek sal nagaan. Dit maak dit makliker om daarna nee te sê.
  • Moet egter nooit ‘n leuen vertel in plaas daarvan om nee te sê nie – dit gaan jou later inhaal.
  • Moenie ‘n verskoning aanbied nie. Wees ferm, dog beleef en sê dat jou skedule dit eenvoudig nie tans toelaat nie.
  • Stel ‘n alternatief voor – iemand anders wat moontlik met ‘n bepaalde projek kan help.
  • Leer ook om vir jouself nee te sê – soos wanneer jy ‘n tweede of derde stukkie kaaskoek wil hê.
Van die VLU-dames wat die funksie bygewoon het.

Gun mekaar die nodige vryheid

Marinda meen dat, hoewel huweliksmaats aan mekaar behoort, hulle nie mekaar se besittings is nie. “Dit is belangrik om mekaar in ‘n verhouding aan te vul, maar aan die ander kant moet ons mekaar die nodige vryheid gun.

“Almal van ons het ‘n behoefte om te behoort, want om te behoort is die kern van ‘n vervulde lewe. Die enigste beproefde resep vir ‘n gelukkige verhouding is wedersydse vertroue en lojaliteit.”

Dieselfde geld ons kinders. “Dit is elke kind se reg om gekoester te word en deel van ‘n gesin te wees, maar hulle moet toegelaat word om op vleuels te sweef en die vryheid hê om eendag die nes te verlaat.”

Nóg ‘n stukkie wysheid van Marinda: “My huwelik het my geleer dat dit nie soseer daaroor gaan of jy die regte lewensmaat gekies het nie, maar eerder om die regte lewensmaat te wéés.”

Wenke om die liefdesvlam binne verhoudings te laat brand:

  1. Date jou lewensmaat een keer per week: Maak dit ‘n weeklikse prioriteit. Dit hoef nie duur te wees nie. Gaan stap ‘n entjie saam of kry mekaar iewers vir middagete.
  2. Maak ‘n date met jou kinders: Doen iets spesiaal met elke kind – julle kan ‘n speletjie speel of saam ‘n boek lees.
  3. Troetel jou huishouding se kalender: Kry ‘n groot kalender en hang dit waar elke gesinslid dit kan sien. Vul elkeen se aktiwiteite daarop in. So sal almal bewus wees van wanneer en waar wie betrokke is en almal kan saam besluit wat die belangrikste is.
  4. Probeer belangrike besluite saam neem: Dit is belangrik om elkeen se mening oor belangrike besluite te kry ten einde deursigtigheid te verseker.
  5. Skakel al die skerms elke aand vir een uur af: Skerms steel waardevolle gesinstyd. Gaan stap eerder saam of speel ‘n speletjie.
  6. Beplan ‘n vakansie: Dit is belangrik vir lede van ‘n gesin om weg te breek van hul gewone roetine. Beplan dus saam ‘n vakansie – verkieslik by ‘n plek waar almal saam kwaliteittyd kan spandeer. Dit is iets lekker vir almal om na uit te sien.
  7. Doen huishoudelike aktiwiteite saam: Kook is ideaal. Elkeen het sy/haar eie taak in die kombuis en dit maak die ete net soveel meer gesellig.
  8. Moenie werk doen in gesinstyd nie: Die meeste van ons word op ‘n stadium gedwing om werk huis toe te neem. Ons moet egter ons verhoudings met ons gesinne koester en keer dat ons werk nie daarmee inmeng nie. Geld is belangrik, maar dit kan nie geluk koop nie.
Heerlike snoepgoed is deur die personeel van Koffiehuis, NWK se inhuis-kafeteria voorberei.

Resepte ideaal vir beurtkrag

Marinda het onlangs ‘n kookboek bekendgestel waarmee kokke maklik iets aanmekaar kan flans in tye van beurtkrag, met bestanddele wat hulle geredelik in hulle spense beskikbaar behoort te hê.
Die swartwoudpoeding wat sy met die hulp van Suretha Gilleland op die verhoog opgetower het, bevat die volgende bestanddele:

  • 1 blik (385 g) kondensmelk
  • 125 ml suurlemoensap
  • 2 houers (230 g) maaskaas
  • 1 x sjokolade rolkoek
  • 1 blik (425) g ontpitte, ingemaakte swartkersies
  • 3 Flake-sjokoladestafies
  • 100 g neute

Metode

  • Begin deur die kondensmelk, suurlemoensap en maaskaas saam te klits.
  • Sny die rolkoek in lagies en pak die bodem van ‘n mooi glasbak met van die lagies.
  • Moenie die stroop van die kersies weggooi nie – gooi ‘n bietjie van dit op die rolkoek in die bak.
  • Smeer ‘n lekker dik laag van die kondensmelkmengsel bo-op.
  • Herhaal die proses met die rolkoek en ander bestanddele tot dit op is.
  • Versier met die kersies, sjokolade en neute.
Die eindproduk.
Tags: Jul/Aug 2023
Previous Post

NWK desperaat dat kragtoevoer herstel moet word

Next Post

August 2023: Agricultural economic report

Recommended

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In