• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, May 15, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Agri NW se nuwe Jongboer meen landbou se toekoms is blink

Nicolene Smalman-Kotze, Redakteur: NWK Arena

19 Apr 2024
in Nuus
Agri NW se nuwe Jongboer meen landbou se toekoms is blink

Kobus Beyers is aangewys as Agri NW se Jongboer.

Share on Facebook

Agri NW se nuwe Jongboer – Kobus Beyers (39) – meen dat Suid-Afrika toenemend op landbou sal moet steun soos wat die bevolking groei en hy is daarom positief oor die toekoms van dié bedryf. Hy is vanaand tydens ‘n spoggeleentheid by NWK se opleidingsentrum in Lichtenburg as dié organisasie se Jongboer van 2024 aangewys. Hy sal later vanjaar om die titel as Toyota SA / Agri SA se Jongboer van die Jaar meeding.

“Ek het aanvanklik geworstel om in te skryf,” het hy aan NWK Arena vertel. “Jy wil jouself mos nie regtig meet aan ander nie, maar ek het besef ek moet dit anders benader. Dit is ‘n baie selfverrykende proses en jy leer baie.

“Dis goed om wat jy doen op skrif te stel en jouself aan norme en maniere van boer te toets. Dit gaan nie net oor my as individu nie, maar eerder ‘n hele span wat jou ondersteun en saam met jou werk en ‘n toekoms bou om volhoubaar te kan boer.”

Kobus glo dat jongboere ‘n toenemende rol in die volhoubaarheid van landbou gaan speel. “Hulle leer by vorige generasies en is toekomstige leiers. As hierdie kennis – gekombineer met die jongste tegnologie – goed bestuur word, is die prentjie vir landbou rooskleurig en die land se kosmandjie, vol.”

Hy en sy broer, Nelius, boer op die plaas Doornpan in die Wolmaransstad-omgewing. Die boerderyvertakkings bestaan uit sowat 55,5% mielies, 22% sojabone, 15% sonneblom en 6,5% speenkalwers. ‘n Dormerskaapstoet beslaan sowat 1% van die boerdery. Kobus het in 2005 ‘n diploma in diereproduksie aan die Technikon van Pretoria verwerf en bestuur die veevertakking.

Beveg ‘n droogte met doeltreffende bestuur van lande

Kobus kon tydens die paneel se beoordeling van die finaliste in Maart spog met gewasse wat die droogte ooglopend die hoof kon bied. Hy sê dat hy dit vermag het danksy ‘n wisselboustelsel van mielies, sojabone en sonneblom om sy risikoverspreiding uit te brei. “Ons verste lande is sowat 40 km uitmekaar. Dit help ook met risikoverspreiding omdat ons weet dat reën en hael ‘in strepe en kolle val’ tydens ‘n droogte.”

Daar word voorts grondontledings op al die lande gedoen. Kleierige lande word met verminderde praktyke bewerk, terwyl verdigte sones met vlak rippe bewerk word. Sanderige lande ondergaan meer tradisionele bewerkings met ‘n diep rip, topbemesting en skoffels.

Kobus neem grondchemie en kalkregstellings ernstig op en handhaaf daarom goeie vertrouensverhoudings met chemiese, kunsmis- en landboukundige agente.

Hy steun swaar op winterweiding op lande en hoewel Kobus meen dat baie materiaal vir bewaringslandboudoeleindes dalk verlore gaan, dit die drakrag van die veefaktor net soveel hoër maak danksy die benutting van oesreste.

Hoewel vee Kobus se passie is, is hy ook nou betrokke by die boerdery se saaikomponent. “Dit bring ‘n nuwe stel uitdagings, maar is ook baie bevredigend. Jy is opgewonde as jy regstellings of nuwe lande maak. Daar is elke seisoen nuwe uitdagings wat jy nie kan voorsien nie en dit maak dit lekker. Dit is ook vir my lekker om my kinders se entoesiasme oor die saaiery te beleef.”

Familieboerdery – oorgang versigtig beplan

Kobus het ná afloop van sy studies in 2006 by sy pa (Org), oupa en oom op die plaas aangesluit. Saam het hulle in die onderneming Beyers en Beyers Trust geboer voordat Kobus en Nelius in 2017 saam met hul pa in ‘n ander onderneming, Al Cor Boerdery, begin boer het.

Die broers het die grond en maatskappye in 2021 geërf. Hulle het intussen nog grond gekoop en huur ook lande en weiding by.

Die stigting van en oorgang na Al Cor Boerdery is reeds drie jaar vooraf met Kobus en Nelius gekommunikeer. Verskeie planne is beraam om die proses so volhoubaar moontlik te maak. “Ons is vandag baie dankbaar om te kan sê dat ons steeds dieselfde hoeveelhede hektare plant voordat die boerdery verdeel is en ons het ook meer vee,” vertel Kobus.

Dit was ‘n groot aanpassing met hul pa se afsterwe in 2021. “Dit was lekker om altyd sy goedkeuring te kon kry en ons moes skielik sonder dit klaarkom,” vertel Kobus. Hy moes ook iemand aanstel om te help met die veefaktor – ‘n besluit waaroor hy lank gewroeg het. “Dit het gevoel of ek myself vervang. Dit was egter baie nodig, omdat ek nou baie meer tyd het vir die bestuursaspekte van die boerdery.”

Vee bied ontspanning, maar ook welkome kontantvloei

Vee is vir Kobus ‘n passie en dit komplimenteer uiteraard die boerdery deurdat dit help met kontantvloei aangesien hulle net somerkontantgewasse plant.

Daar word gefokus op speenkalfproduksie met kommersiële Brangusse, maar Limousin-bulle word ook in ‘n kruisteelprogram gebruik.

Die Beyerse het voorheen met Dormers gestoet, maar in 2014 ‘n algehele aanbieding van die stoet op ‘n veiling gehou. Van die skape het oorgebly en daar is kommersieel met hulle geboer.

Kobus het egter later van sy eie diere as nasate laat keur en Dormers uit ander bloedlyne gekoop voor hy in 2021 Kassie (sy oorlede pa se bynaam) Dormers geregistreer het. “Ek geniet die samestellings uit verskillende genetika en het lewenslange vriende ontmoet,” vertel Kobus.

Hy neem tans saam met ander telers aan groepveilings deel. “Ek dink nie ek sal die stoet só uitbrei dat ek getalle jaag om my eie produksieveilings te hou nie. Dit plaas baie druk op ‘n stoet om volhoubaar elke jaar ‘n veiling te kan aanbied.”

Gemeenskapsbetrokkenheid baat almal

Kobus is tans sekretaris van Agri Makwassie en sedert 2005 lid van die Vaalbank Studiegroep waarvan hy tot einde 2023 die sekretaris was.

Hy is lid van Agri SA en betrokke by die Saamstaan Bejaardesorg Organisasie en voorsitter van die PW5 plaaswag. Hy help ook met die instandhouding van die kamerastelsel op plaaspaaie. “Deur betrokke te wees by georganiseerde landbou, kan jy baie by ander mense leer. Ons maak dikwels foute sodat ons by mekaar kan leer.”

Kobus meen die proefdata van studiegroepe is van onskatbare waarde en dat die betrokkenheid by plaaswagte tot ‘n daadwerklike afname in diefstal. “Dit is belangrik om toegang tot die kennis van organisasies soos Agri NW te hê. Hulle bied baie ondersteuning met betrekking tot byvoorbeeld regsaspekte.”

Hy raai ander jongboere aan om oral waar hulle kan, betrokke te raak. “Jy hoef nie die leier of voorsitter te wees nie. Raak net betrokke by jou gemeenskap. Dit hou vir almal – ook vir jou – voordele in.”

Michael van Rooyen, bestuurder van raadgewende dienste by NWK Finansiering, was een van die beoordelaars. Hy beskryf Kobus as ‘n ware gesinsman. “Ek het hom as baie deeglik ervaar. Hy weet wat op sy plaas aangaan. Rekordhouding is vir hom belangrik en niks word lukraak aangepak nie.

“Elke verandering en aanpassing word vooraf gegaan met deeglike beplanning en navorsing. Hy beoefen baie goeie bewerkingspraktyke en sy veevertakkings is ook baie suksesvol. Dit is ‘n goed gebalanseerde boerdery.

Kobus is ook baie passievol oor sy betrokkenheid by die gemeenskap en wil graag ander mense help.”

Tags: MRT/APR 2024
Previous Post

“Stel jou hoop eerder in God se plan vir jou lewe, nie die uitslag nie”

Next Post

April 2024: Agricultural economic report

Recommended

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In