• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, May 15, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Landbou vandag

18 Sep 2024
in Tegniek
Landbou vandag
Share on Facebook

Beheer lente-onkruid betyds

In hierdie stadium van die seisoen, het die meeste van die saaigronde ’n goeie opslag. Dít en ander lente-onkruid gaan heel gewillig wees om grondvog te verkwis en moet nou beheer word. Geeluintjies kom in hierdie tyd op en moet beheer word voordat op die lande geplant word. Volgens Eric Louw, bestuurder: Presisieboerdery by AgTech@NWK, staan bloudissel hierdie jaar ook welig en kan maklik beheer word.

“Dit is belangrik om die lande skoon te hou en nie in ’n vuil saadbed te plant nie. ’n Skoon saadbed is ’n ononderhandelbare praktyk.” Eric noem dat die redenasie om die land later skoon te spuit, dikwels nie suksesvol is nie. “Die oorblywende onkruid word dan groot, wat meebring dat dit selfs meganies moeilik uitgeskoffel word.”

Raad oor weiding en voeding

Bemestingsbeplanning vir aangeplante weidings behoort nou afgehandel te wees. Om die risiko’s te help versprei, kan die seisoenale toediening verdeel word om die helfte met die eerste reëns toe te dien en die res in Desember/Januarie. Die tweede toediening kan dan ook uitgestel of gekanselleer word indien die seisoen swak uitdraai.

Pieter le Roux, hoof-diere-en-weidingwetenskaplike by NWK, beveel ook aan dat vleikampe vroeg in die lente benut word om ander weidings die geleentheid te gun om ná die winter te hergroei. Waar die vestiging van aangeplante weidings in die lente beoog word, moet ’n deeglik-voorbereide fyn saadbed voorsien word.

“Maak seker dat die grond se voedingstatus voldoende is, werk die oorblywende winteronkruid in en wees voorbereid om somer-onkruidbeheer toe te pas,” vertel Pieter. Dié weidings kan reeds teen die laatsomer benut word.

Wees gereed vir die nuwe seisoen

Die klimatologiese indekse (ENSO en SOI) het tydens die skryf van hierdie artikel steeds gedui op ’n goeie waarskynlikheid om minstens gemiddelde tot bogemiddelde reënval vir die komende seisoen te ontvang, noem Eric.

Die laatreën van die vorige seisoen het sommige lande met goeie oorgedraagde grondvog gelaat. Boonop is die huidige verdiskontering van volgende jaar se graanpryse ook nie te versmaai nie. Hierdie besondere kombinasie sorg weereens vir ’n positiewe vooruitskouing vir die nuwe seisoen.

Met goeie produksiebestuur kan hierdie potensiële geleentheid só in ’n “vol” oes omskep word:

  • Waak teen aspekte wat jou hierdie geleentheid kan ontneem, soos onkruid, suur grond, verdigte sones in die grond, onvoldoende bemesting en onnodige diep skoffel ná plant.
  • Waak ook teen die versoeking om oorboord te gaan met ’n té hoë plantestand.
  • Omskep elke druppel water doeltreffend in graan.
  • Die volgehoue hoë produksiekoste gaan ’n “vol” oes vereis om steeds ’n positiewe marge te realiseer.

Skakel AgTech@NWK se Presisiespan by 018 633 1143 vir hulp met grondkompaksie, asook die meet en bestuur van grondvog op droëland.

Vinnige wenke vir beesprodusente

  • Oorgang na somerlek kan nou oorweeg word, mits daar voldoende groen weiding beskikbaar is.
  • Lentekalfkoeie (en veral eerstekalfverse) moet sowat vier weke voor kalwing met vitamien A en Multimin ingespuit word.
  • Verse moet tussen vier en agt maande met Stam 19 teen besmetlike misgeboorte (BM) ingeënt word. Andersins kan RB 51 ook later gebruik word. Volg die aanwysings noukeurig.

Nuus uit AgTech se ruimte

Gideon van Deventer (DJI-instrukteur), Jacobus Claassens (operasionele bestuurder) en Burger Minnaar (agronoom)
voor AgTech@NWK se kantoor in Bothaville. Dié tak is aan die einde van Julie geopen. Gideon en Burger sal
hier gestasioneer wees.
Gideon van Deventer
Pieter le Roux en Eric Louw stel sommige van NWK se ander dienste aan Bothavillers bekend.
Hou gerus NWK se Facebook-blad dop vir waar en wanneer die hommeltuigspan weer gaan uitstal of kontak hulle vir ’n demonstrasie.

Ontmoet die nuwe veekundige

Naam: Dawid van Heerden (26)
Kwalifikasies: BScAgric Veekunde met ’n honneursgraad in weiding

  1. Waarom veekunde?
    Ek was nog altyd lief vir plaasdiere – veral vee soos skape, beeste, bokke en hoenders. As ek op die stoep sit en na die plaas kyk, kan ek sien hoe speel die lammers en hoe skrop en kekkel die hoenders. ’n Mens kan nie so lekker sit en kyk hoe groei die mielies nie.
  2. Wat hoop jy om in dié pos te bereik?
    Ek hoop om die veekomponent in NWK en die NWK-gebied te versterk, en om die graanprodusente wat net vee “aanhou” volkome gemengde graan- en veeprodusente te maak.
  3. Hoe het jy in Lichtenburg beland?
    My passie vir veekunde het tot my aansoek by NWK gelei. My be­langstelling in dié veld het my bly roep en toe ek bewus geraak het van die pos by NWK, het ek dadelik aansoek gedoen.

Rusperiodes vir werkers verpligtend

In Suid-Afrika word plaaswerkers se werksure hoofsaaklik deur Sektorale Vasstelling 13 (SV13) bepaal. Een van die kernaspekte van SV13 is minimum rusperiodes vir plaaswerkers, wat noodsaaklik is vir hulle gesondheid en welstand. Dit is ’n wetlike vereiste om seker te maak dat werkers voldoende tyd het om te herstel tussen werksessies skryf Hannes Latsky, die LWO Werkgewersorganisasie se regsadviseur.

Ingevolge SV13 is ’n plaaswerker ná vyf ure se aaneenlopende werk geregtig op ’n een uur lange etenstyd. Dit mag op grond van ’n skriftelike ooreenkoms tot 30 minute verkort word. SV13 skryf verder ’n daaglikse rusperiode voor, wat bepaal dat ’n werknemer minstens twaalf aaneenlopende ure rus tussen skofte moet kry.

Bron: https://agriorbit.com/werkstye-en-rustye-op-suid-afrikaanse-plase/

Tags: Sep/Okt 2024
Previous Post

Kies die regte bewerkingsmetode

Next Post

Ons het ’n plig om die aarde te bewaar

Recommended

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In