• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, Jul 30, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Hou vol met bekalking, selfs in moeilike jare

Dons Jordaan, Bemarkingsbestuurder, Bastion Lime

29 Jul 2026
in Tegniek
Hou vol met bekalking, selfs in moeilike jare

Hou vol met bekalking, selfs in droë jare.
Foto: MJ du Plessis

Share on Facebook

In uitdagende jare is dit van kardinale belang dat produsente met
hul bekalkingsprogram moet volhou om goeie wortelgesondheid, voldoende voedingstofbeskikbaarheid en optimale grondmikrobio-
logie te verseker. Bekalking verg volgehoue dissipline en deeglike beplanning. In strawwe jare verg dit beter finansiële beplanning en strenger kostebestuur.

BEKALKING is tydens uitdagende produk­siejare dikwels die eerste inset wat weggelaat word. Ongelukkig is dit juis dán wanneer grond­gesondheid die grootste skade ly – skade wat dikwels eers jare later in opbrengsverliese sigbaar raak.

Vereistes vir voldoende plantvoeding

Plante wat goed gevoed is, groei behoorlik en be­reik optimale produksie. Voldoende plantvoe­ding is onder andere afhanklik van ideale grond-pH,wortelgesondheid en ‘n gebalanseerde mikrobio­logiese grondlewe.

In droër jare is dit in wese nóg belangriker, omdat droër grondtoestande die opname van plantvoe­dingstowwe bemoeilik en die plant dus tekorte kan toon. Die optimale bestuur van grond se pH is dan uiters belangrik.

GROND-PH

Die suurheid of alkaliniteit van grond het ‘n groot invloed op die opname van plantvoedingstowwe. Die ideale pH(KCl)-reeks vir die meeste akkerbougewasse is tussen 5,5 tot 6,5 en dié van mielies is 5,3, wat ‘n effens suur omgewing is.

As die grond té suur is, kan sommige mikro-elemente soos aluminium (Al3+) en mangaan (Mn2+ en Mn3+) in toksiese hoeveelhede opgeneem word, terwyl dit ander elemente soos yster (Fe2+ en Fe3+) bevoordeel.

Die makro-elemente [stikstof (N), fosfor (P), kalium (K), kalsium (Ca), magnesium (Mg) en swael (S) word meestal optimaal in die effense suur omgewing (pH(KCL) 5,5 tot 6,5) opgeneem. Tabel 1 toon die pH se uitwerking op die opneembaarheid van die onderskeie plantvoedingstowwe.

Tabel 1: Die uitwerking van die grond-pH en opneembaarheid van die onderskeie plantvoedingselemente.
Bronne: Barrow & Hartemink (2023)/Penn & Camberato (2019).

WORTELONTWIKKELING

‘n Gesonde, goed ontwikkelde wortelstelsel is noodsaaklik vir die doeltreffende opname van plantvoedingstowwe en water. Die grond-pH beïnvloed wortelontwikkeling direk deurdat ‘n ongunstige pH tot die toksiese opname van sekere elemente lei en die beskikbaarheid van plantvoedingstowwe in die grondoplossing negatief beïnvloed. Sien Tabel 2.

‘n Ongebalanseerde pH lei verder tot wortelskade, wat die opname van noodsaaklike elemente en water beperk en plantontwikkeling benadeel.

Tabel 2: Die uitwerking van grond-pH op wortelontwikkeling.
Bronne: Marschner (2012)/Penn & Camberato (2019)/Barrow & Hartemink (2023).

WORTELGESONDHEID

Gesonde plantwortels skei verskeie organiese en anorganiese verbindings en ione af. Hierdie afskeidings is inherent deel van verskeie van die mega­nismes waardeur plantwortels plantvoedingstowwe opneem.

Gesonde wortels skei organiese sure af, wat fosfaat mobiliseer en deur uitruiling plantvoeding-
stowwe opneem. Voorts het gesonde wortels ‘n digte klos wortelhare waarmee plantvoeding-
stowwe opgeneem word. Gesonde wortels skei ook groot hoeveelhede suikers af, wat as voedingsbron vir voordelige mikrobes in die risosfeer dien – Tabel 3.

Tabel 3: Die uitwerking van wortelgesondheid en die opname van plantvoedingstowwe.
Bron: Marschner (2012)/Barrow & Hartemink (2023)/Penn & Camberato (2019).

GRONDMIKROBIOLOGIE

Grond-pH het ‘n direkte invloed op mikrobiologiese aktiwiteit. Mikrobes skei verskeie ensieme af, wat ‘n belangrike rol in metaboliese prosesse speel, veral in die mineralisering van organiese verbindings (soos oesreste) na basiese en opneembare plantvoedingstowwe.

In ‘n neutrale pH-omgewing (6 tot 7) is die hoogste di­versiteit en funksionaliteit van mikroörga-
nismes optimaal, terwyl baie suur of alkaliese toestande die metaboliese prosesse en simbiose beperk. Verskuiwings van grond-pH het prominente populasieverskuiwings van mikrobes tot gevolg. (Tabel 4)

In suur grond word die mikrobe-populasie deur swamme gedomineer (waarvan verskeie patogenies vir plantwortels is), terwyl gronde met ‘n hoë pH deur bakterieë gedomineer word. Gesonde mikrobiologiese aktiwiteit is dus noodsaaklik vir voedingstofsiklusse en plantgesondheid.

Tabel 4: Die uitwerking van die grond-pH op grondmikrobiologie. Bron: ScienceDirect (2025).

Praktiese bestuurswenke

Wanneer grond-pH, wortelgesondheid en grondmikrobiologie nie optimaal funksioneer nie, kan voedingstofbestuur vinnig ‘n nagmerrie word. Die volgende praktyke kan help om die beskikbaarheid van plantvoedingstowwe te optimaliseer:

  • Doen gereelde grondontledings: Neem grondmonsters om presies te weet watter voedingstowwe en spoorelemente in jou grond in té lae vlakke voorkom.
  • Pasgemaakte bemesting: Dien presies die regte hoeveelheid kunsmis toe, gebaseer op jou grondontledings, om oor- of onderbemesting te voorkom.
  • Bestuur grond-pH: Stel ‘n goed uitgewerkte bekal­kingprogram op en bestuur die grond-pH altyd rondom optimale vlakke. Die versuringstempo van verskillende gewasse moet in ag geneem word in die program.
  • Organiese materiaal: Voeg kompos of organiese materiaal by om die grond se waterinfiltrasietempo
    te verhoog, mikrobiese lewe te stimuleer en voedingstofreserwes te verhoog.

Samevatting

Bekalking vorm die stille fondasie waarop volhoubare produksie rus. Wanneer produsente bekalking in moeilike jare uitstel, word die invloed nie onmiddellik gesien nie, maar die skade aan wortelgesondheid, voedingstofbeskikbaarheid en grondmikrobiologie bou op en manifesteer jare later in opbrengsverliese.

‘n Gedissiplineerde bekalkingsprogram is dus nie ‘n luukse nie, maar ‘n strategiese belegging in die grond se langtermynproduktiwiteit en die boerdery se volhoubaarheid.

Bronnelys

  1. Barrow NJ & Hartemink AE, 2023. The effects of pH on nutrient availability depend on both soils and plants. Plant and Soil
  2. Marschner H, 2012. Mineral nutrition of higher plants. Academic Press
  3. Penn CJ & Camberato JJ, 2019. A critical review on soil chemical processes that control how soil pH affects phosphorus availability to plants. (https://www.researchgate.net/publication/333695040_A_Critical_Review_on_Soil_Chemical_Processes_that_Control_How_Soil_pH_Affects_Phosphorus_Availability_to_Plants)
  4. ScienceDirect, 2025. Soil pH and microbiological activity. ScienceDirect Database
Tags: Jul/Aug 2026
Previous Post

Wildboerdery: Vereistes vir die regte weidingsbestuur

Next Post

Optimise fertiliser use with soil nutrients

Recommended

Elke boerdery het ‘n filosofie

Elke boerdery het ‘n filosofie

29 Jul 2026
Landbou vandag

Landbou vandag

29 Jul 2026
Optimise fertiliser use with soil nutrients

Optimise fertiliser use with soil nutrients

29 Jul 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Elke boerdery het ‘n filosofie

Elke boerdery het ‘n filosofie

29 Jul 2026
Landbou vandag

Landbou vandag

29 Jul 2026
Optimise fertiliser use with soil nutrients

Optimise fertiliser use with soil nutrients

29 Jul 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In