• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Kalk is die hoeksteen van goeie graanopbrengste

Dons Jordaan, Bemarkingsbestuurder, Bastion

17 May 2022
in Dinamiese vennoot
Kalk is die hoeksteen van goeie graanopbrengste

Etienne Schoeman, besturende direkteur, verduidelik die proses wat Bastion by die Marico-aanleg volg.

Share on Facebook

Bastion belê elke jaar swaar in sy aanlegte om by te bly met die groeiende vraag na twee gesogte landboukalkprodukte – dolomiet en kalsiet. Daar is die afgelope paar jaar ’n groot bewuswording by produsen­te oor die kar-dinale rol wat bekalking in die graanproduksiestelsel speel.

Bastion se span het op 28 Februarie 2022 NWK Kunsmis se bemarkingspan, asook die span landboukundiges van NWK Landboubestuursdienste, by Bastion se Marico-aanleg en Buhrmansdrif-kalkmyn ontvang.

NWK se kundiges beskou kalk as die hoeksteen van goeie graanopbrengste. Die span kundiges gebruik presisie-opnames om die status van produsente se lande te bepaal en sodoende te verseker dat die grondslag reg is voor enige seisoen aangepak word.

Die operasionele bestuurder, Marius Maritz, verduidelik hoe die nuwe verbeterings die
Buhrmansdrif-gehalte na die volgende vlak neem.

Meer oor kalk
Tydens die besoek het Dons Jordaan, bemarkingsbestuurder van Bastion, die verskille tussen kalksuiwerheid, kalkreaktiwiteit en kalk se reaksie in die grond aan die NWK-span uitgewys.

Kalk se suiwerheid word aangedui deur die KKE(HCl). Hierdie waarde gee ongelukkig nie duidelikheid oor die produk se reaktiwiteit nie en dui slegs die CaCO3-inhoud aan. Die KKE(hars)-waarde is ontwikkel om die produk se reaktiwiteit aan te dui. Kalk se oorsprong en fynheid beïnvloed hierdie waarde.

Amorfiese kalkbronne se KKE(hars)-waarde is in die meeste gevalle beter as dié van kristallyne-kalkbronne. Só is kalk ook met ’n beter deeltjiegrootteverspreiding onder 250 mikron se KKE(hars)-waarde beter as ’n bron met ’n lae 250 mikronwaarde.

In onlangse inkubasieproewe wat Bastion laat doen het, kan duidelik gesien word dat KKE(HCl) nie die bepalende faktor in terme van pH-reaksie is nie.

Grafiek 1 wys duidelik hoe goed Marico-dolomiet doen in terme van reaksie in hierdie spesifieke grond. Die twee ander kalkbronne in hierdie proef het hoër KKE(HCl)-waardes, maar hulle reaksie in hierdie grond strook nie met hul hoë KKE(HCl)-waardes nie. Dit bevestig dat produsente nie kan bekostig om kalk toe te dien sonder dat inkubasieproewe op die gronde en die spesifieke kalkbron gedoen is nie.

Grafiek 1: Die pH-verhoging gemeet op 20 weke van Marico-mikrofyndolomiet teen ander dolomietbronne.

Buhrmansdrif-kalsiet se pH-reaksie is ook in hierdie proewe gemeet (Grafiek 2). In hierdie geval kan dié kalsiet se goeie reaksie toegeskryf word aan die amorfe aard en die fynheid van die produk.

Grafiek 2: Die pH-verhoging op 20 weke gemeet van Buhrmansdrif-kalsiet teen ander kalsietbronne.

Dit is baie belangrik dat landboukundiges inkubasieproewe met verskillende kalksoorte op ’n produsent se grond doen. Die doel hiervan is om die presiese reaksie van ’n spesifieke kalk in die produsent se grond te kan bepaal.

Die reaksie van dieselfde kalk op verskillende gronde (verskillende klei-, sand- en organiese materiaal-inhoud) is uiteenlopend, en dus is inkubasieproewe van kardinale belang. Hierdie werk word een keer op ’n produsent se verskillende tipes gronde gedoen. Hierna sal die landboukundige ’n meer oordeelkundige besluit oor die presiese toediening kan neem.

Na aanleiding van die besoek, is NWK se kundiges dit eens dat Bastion steeds hulle voorkeurkalkvennoot is. Bastion sal aanhou om te belê in toerusting en prosesse om die aankope van hoogstaande gehalte landboukalk so maklik en bekostigbaar as moontlik te maak.

Vir enige navrae, skakel gerus vir Bastion by 018 464 7828 of besoek hulle webblad, www.bastionlime.co.za.

Tags: Mei/Jun 2022
Previous Post

Die veeboer en korttermynversekering

Next Post

Die A tot Z van intensiewe skaapboerdery


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In