• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Sat, Jul 5, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Ottosdal Draf & Trap-atlete hoef nie fyn te trap vir slaggate nie

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

23 Jan 2023
in Nuus
Ottosdal Draf & Trap-atlete hoef nie fyn te trap vir slaggate nie

Produsente besig om slaggate op die Boschpoort-pad onderweg na Ottosdal te vul.

Share on Facebook

Die sowat 1 600 atlete wat hierdie Saterdag vir die langverwagte Ottosdal Draf & Trap sal aantree, kan nou die spreekwoordelike voet in die hoek sit sonder dat hulle hul oor slaggate hoef te bekommer.

Produsente in die omgewing het verlede week fluks gate op die Boschpoort-pad – wat ‘n groot deel van die roete uitmaak – gevul met teer wat hulle self aangekoop het, asook 750 sakkies wat deur NWK geskenk is. Teen druktyd was daar slegs sowat 3 km se pad uitstaande waarvan gate nog gevul moes word.

‘n Boer maak ‘n plan en doen die werk

Alphie Motsaolathe, Simon Mndebele, Johannes Motsaolathe en Riaan Winters vul ‘n diep slaggate met sement.

Linda Taljaard, een van die organiseerders van die Ottosdal Draf & Trap, het vertel dat hulle in die verlede, in samewerking met die padagentskap, die slaggate met gruis gevul het. Dit was egter nie ‘n volhoubare oplossing nie en sy het produsente in die omgewing gevra of hulle nie teer en arbeid beskikbaar sou stel om die gate te vul nie.

‘n Boer maak mos ‘n plan en volgens Linda was hulle almal baie bereidwillig om te help. Dirk Laas, een van dié boere, het vertel dat hulle in elk geval dikwels die pad onderweg na hul plase en die silokomplekse gebruik. “Die komende Draf & Trap is egter ‘n dringende aangeleentheid en ons het besef dat die regering nie vinnig sou kon help nie.”

Sowat 15 produsente en hul arbeiders het Donderdag skouer aan die wiel gesit en die gate gevul. Van die gate was só diep, dat dit eers met sement gevul is voordat dit hierdie week met ‘n laag teer geseël sal word. Die produsente self het 300 sakkies teer aangekoop en FNB het ook onderneem om nóg teer te skenk.

Tot die driejarige Jacobus du Preez het fluks gehelp werk aan die pad.

Uiteindelik weer tyd vir die “nagmerrie”

Ottosdal Draf & Trap kon nie in 2021 en 2022 tydens die wêreldwye COVID-19-pandemie en gevolglike inperking aangebied word nie. Die 42,2 km marathon, oftewel Ottosdal Nagmerrie, is egter ‘n gewilde Comrades en Two Oceans kwalifiseerder en daar heers groot opgewondenheid onder atlete wat hierdie jaar vir die 28ste Draf & Trap gaan aantree.

Fietsryers kan kies tussen ‘n 10 km, 20 km, 40 km en 84 km padwedren of ‘n 20 km, 40 km of 80 km bergfietsren. Die fietswedren is hierdie jaar vir die eerste keer ‘n Noordwes Padfietskampioenskap-wedren.

Die langasems sal hul veters vasmaak vir ‘n 10 km, 21,1 km of 42,2 km padwedloop. Daar is ook ‘n pretdraf van 5 km. Atlete is omring deur mielielande en sowat 1 600 handaangesteekte paraffienlampies verlig die roete.

Daar is reeds 800 voorafinskrywings ontvang en Linda verwag dat nóg sowat 800 atlete tydens die voorafgaande pasta-aand (Vrydag, 27 Januarie 2022) sal inskryf.

NWK borg ook ‘n verdere R15 000 vir die geleentheid. “Ons is baie dankbaar vir al die hulp en opgewonde om weer ‘n lekker saamtrek vir gesinne te kan bied,” het Linda gesê.

Vir meer inligting, besoek Ottosdal Draf & Trap op Facebook op www.ottosdaldrafentrap.co.za

Izak Jacobs, sy naamgenoot Izak Jacobs en Eduan Motlhaolwa vul slaggate
John Morake and Ephraim Dikupe het ook gehelp slaggate vul.
Tags: Jan/Feb 2023
Previous Post

January 2023: Agricultural economic report

Next Post

Moeilike kykstof wat diep sny


Recommended

May/June 2025: Agricultural economic report

May/June 2025: Agricultural economic report

3 Jul 2025
NWK vier Jeugmaand deur meer as 550 pare skoolskoene uit te deel

NWK vier Jeugmaand deur meer as 550 pare skoolskoene uit te deel

3 Jul 2025
Ystermanne en -vroue mik na R1 miljoen vir Agri Securitas

Ystermanne en -vroue mik na R1 miljoen vir Agri Securitas

26 Jun 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

May/June 2025: Agricultural economic report

May/June 2025: Agricultural economic report

3 Jul 2025
NWK vier Jeugmaand deur meer as 550 pare skoolskoene uit te deel

NWK vier Jeugmaand deur meer as 550 pare skoolskoene uit te deel

3 Jul 2025
Ystermanne en -vroue mik na R1 miljoen vir Agri Securitas

Ystermanne en -vroue mik na R1 miljoen vir Agri Securitas

26 Jun 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In