• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Sat, May 10, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Outeurs se bydraes maak hulle dinamiese vennote van produsente en klante

Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie

7 Apr 2025
in Dinamiese vennoot
Outeurs se bydraes maak hulle dinamiese vennote van produsente en klante

Voor is Coach Owl Dennis Coetzee, Johan Bezuidenhout en Arno van Vuuren (lede van die redaksie), Roneldi van der Westhuizen en Pieter le Roux. Agter staan Petra Seymore, Rinus de Bruin, Jaq-Louis van der Merwe, Michael van Rooyen, Rachel du Preez, Anche Suurd en Anna-Marie van Rooyen.

Share on Facebook

Dinamiese vennoot

Daar is vanjaar R17 800 in prysgeld aan die outeurs van topartikels in 2024 se uitgawes van NWK Arena uitgedeel. Hulle is op 18 Maart tydens ‘n erkenningsgeleentheid by NWK se hoofkantoor vir die beste tegniese asook bedryfsartikels vereer.

Nicolene Smalman-Kotze (redakteur van die tydskrif), Arno Jansen van Vuuren (tegniese redakteur) en Johan Bezuidenhout (groepbestuurder van Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie by NWK), het die kwalifiserende artikels beoordeel.

Kwalifiserende artikels word met die saamstel van elke uitgawe geïdentifiseer aan die hand van kriteria soos relevansie, aanbieding, impak, asook navorsing wat ingespan is om die artikel te lewer.

Nicolene het die outeurs by die erkenningsgeleentheid vir hul getroue en insiggewende bydraes tot die tydskrif bedank, wat NWK Arena “‘n gerekende en betroubare bron oor landbouverwante kwessies maak wat produsente met gemoedsrus kan raadpleeg”.

Johan Smit, bestuurder van Infoworks wat NWK Arena en verskeie ander landboutydskrifte uitgee, sê hy moes die afgelope dekade en veral sedert die Covid-pandemie, sien hoe verskeie korporatiewe publikasies in die Suid-Afrikaanse landbou, ophou bestaan. NWK Arena sien vanjaar egter vir die 57ste keer die lig.

“Ek reken NWK se sukses hiermee is deurdat die destydse Noordwes Nuus as hoofsaaklike landboutegniese blad en die nuusbrief, Koördinaat, saamgevoeg is in NWK Arena as tweemaandelikse klantetydskrif vir die groep.

“Die verdere strategie om NWK Arena as ‘n druk-/digitale model te herposisioneer, het dié klantetydskrif se basislyn volhoubaar verstewig. Die tydskrif se gewilde webwerf, nwkarena.co.za, is in 2021 hieruit gebore, wat in tandem met NWK se sosialemediaplatforms polsend bly groei.

“Die hardekopie-verspreiding is ook suksesvol na die handelswinkels verskuif. NWK se insetverskaffers verkies om NWK Arena en die webwerf deurlopend by hulle advertensieveldtogte in te sluit. Jaar op jaar sorg die begrote advertensie-inkomste wat behaal word, dat die aantal begrote bladsye, behaal word.”

Die geleentheid is geborg deur NWK Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie, Bastion, Omnia, asook Infoworks.

Wenners

Petra Seymore is vereer vir die beste voorbladfoto – die een van ‘n sonneblom.

ENKELARTIKELS

Michael van Rooyen, ‘n landbou-ekonoom en hoof van Adviesdienste by NWK Finansiering, het die eerste plek in die kategorie “enkelartikels” ingepalm met sy bydrae, “Kies die regte bewerkingsmetode”.

Hy het gesê dat, hoewel hy dankbaar is vir die erkenning, hy nie artikels skryf “om te wen” nie. “Ek wil met my artikels ‘n waardevolle bydrae maak en goeie raad gee,” het hy met ontvangs van sy toekenning gegee. Sy raad aan ander outeurs is om ‘n onderwerp te kies waaroor hulle passievol is en ‘n verskil mee wil maak.

Die onderwerpe van sy laaste twee artikels was praktiese goed waarmee hy hom daagliks bemoei. “Dit is werklike goed waarmee ek elke dag te doen het,” verduidelik hy. “Begin betyds! Moenie wag tot ‘n week of selfs ‘n maand voor jou keerdatum om dan eers daaraan aandag te gee nie,” is sy raad.

“Laat dit maal in jou kop. Op die pad, onderweg na boere, het jy baie tyd om daaroor te dink. Dit help nogal. Praat met mense en as jy gaan sit, voltooi jou artikel en moenie uitstel nie.

Ander outeurs wat vereer is in die kategorie “enkelartikels”, sluit in:
2. Roneldi van der Westhuizen – Ontsluit landboukontoere se potensiaal
3. Petrus van Staden – ‘n Blik op grondsuurheid in die NWK-gebied
4. Danie van den Berg – Beter bemesting = ‘n hoër opbrengs
5. Pieter le Roux – Maniere om droogtemielies te benut
6. Rinus de Bruin – Verbeter grondgesondheid en plantproduksie met stikstof 
7. Rachel du Preez – Keer die impak van klimaatsverandering met dekgewasse
8. Anche Suurd – Produsente gooi nie maklik handdoek in nie
9. Jaq-Louis van der Merwe – Bekalking lei tot beter groei

BEDRYFARTIKELS

Anna-Marie van Rooyen, groepmaatskappysekretaris en hoof- regsadviseur van NWK, het die eerste plek ingepalm in die kategorie (bedryfsartikels) met haar bydrae, “Verblyfreg op landbougrond” ‘n Blywende tameletjie”.

“Ek was aangenaam verras oor die eerste plek! Dit is lekker om erkenning op hierdie manier te kry,” het sy gesê. “Deur vir NWK Arena te skryf, kry jy die geleentheid om in voeling te kom met produsente. Die inligting wat ons deel is hopelik van waarde vir hulle en dit is uiteindelik NWK se hartklop.

“Dit is belangrik om te skryf met die gehoor in gedagte. Hoewel ‘n akademiese artikel my as regsgeleerde baie opgewonde maak, sal dit beslis die meeste van ons produsente verveel. Wees dus prakties.

“Plaas jouself in die leser se skoene. Wat sou hy/sy wou weet en hoe kan dit maklik oorgedra word? Die keuse van die onderwerp is daarom die belangrikste en soms ook die moeilikste besluit. Om die leser en sy uitdagings te verstaan, is van kardinale belang.

“Deur aritkels vir NWK Arena te skryf, deel ons ons kennis en maak dit ons ‘n dinamiese vennoot van ons produsente en klante. Terselfdertyd maak ons weer ons potlode skerp en bly op datum van die jongste verwikkelinge op die gebied waaroor ons skryf. Dis ‘n wen-wen!”

Ander toekennings in die kategorie “bedryfsartikels”, sluit in:
2. Monique van der Linde – Environmental impact assessment – what producers need to know
3. Lizandri Horn – Mieliepryse word deur weerpatrone beïnvloed

Dennis Coetzee, uitvoerende groepbestuurder van Mensekapitaal by NWK, het ‘n spesiale oorkonde ontvang vir sy bydraes tot Coach Owl – ‘n afdeling in die tydskrif waarin hy praktiese wenke gee oor kwessies soos veerkragtigheid, hoe om spanning beter te hanteer en suksesvolle opvolgbeplanning te doen.

Tags: MRT/APR 2025
Previous Post

Warmer temperature beteken nie noodwendig droër nie

Next Post

NWK se klante-inligting veilig ondanks kuberaanval

Recommended

Bestuur jou kudde volgens die klimaat

Bestuur jou kudde volgens die klimaat

9 May 2025
Klein boertjie wen ’n handige prys

Klein boertjie wen ’n handige prys

6 May 2025
March/April 2025: Agricultural economic report

March/April 2025: Agricultural economic report

6 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Bestuur jou kudde volgens die klimaat

Bestuur jou kudde volgens die klimaat

9 May 2025
Klein boertjie wen ’n handige prys

Klein boertjie wen ’n handige prys

6 May 2025
March/April 2025: Agricultural economic report

March/April 2025: Agricultural economic report

6 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In